Debiteure - Transaksielys verslae (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Debiteur transaksielys - Dié verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is, ongeag van die oopitem prosessering koppelings.

Dié transaksielys verslag sluit nie openingsbalanse in nie.  

Om Transaksielys verslae vir debiteure te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Transaksies. Die "Transaksies" verslag is die verstek opsie.

2.Kies "Transaksielys" (verstek opsie).

3.Kies die volgende opsies:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

b)Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e).

c)Volgorde - Kies "Debiteurkode" of "Beskrywing".

d)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.

e)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.

4.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Debiteure Transaksielys" verslag, is soos volg:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Generate Kindle eBooks with ease