Verkope - Fakture - Items (Verslae-kieslys)
Verkope - Fakture - Items per periode verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Verkoopspryse, Kospryse, wins of Verlies en die Wins/Verlies persentasie, vir die items.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs geposteerde fakture in. Ongeposteerde fakture is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om 'n items per periode - verkope verslag te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkope → Fakture → Items.

2.Kies die volgende:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Volgorde - Kies "Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Verkoopsprys" of "Kosprys".
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Verkope - Fakture - Items per periode" verslag, is soos volg:

