Kalender - Fakture vir Debiteurafsprake
U kan ook fakture skep vir enige afsprake wat vir debiteure (kliënte / klante) geskeduleer is. 
Om fakture vir debiteurafsprake te skep:
1.Op die Kalender, kies 'n afspraak vir enige van die Debiteurafspraak (kategorie 1 tot 6) en regs-kliek.
2.Op die konteks-kieslys, kies die “Skep Fakture” opsie. 'n Nuwe “Faktuur” skerm, met al die besonderhede van die geselekteerde debiteur se rekening, sal vertoon word.

3.Sleutel in en / of kies die volgende:
a)U verwysing - Indien u die verwysingsnommer nie ingesleutel het nie, kan u dit nou insleutel, indien beskikbaar
b)Verkoopspersoon - Maak seker dat die korrekte verkoopspersoon, wat die diens gelewer het, of die goedere verkoop het, vertoon word.
a)Datum - Dié stelsel-datum behoort vertoon te word. Indien nie korrek nie, kan u die korrekte datum kies.
c)Datum verskuldig - Die datum verskuldig sal outomaties bereken word. Dié datum is die datum van dié dokument plus die aantal dae wat in die “Dae verskuldig” veld van die Rekeningkundige inligting-duimgids van dié debiteurrekening ingesleutel is.
d)Druk die “Enter” sleutel totdat u by die dokument-reëls is.
e)Voorraaditem - Kies die korrekte voorraaditem vir die goedere of diens.
f)Bestel - Die verstek is een (1). Sleutel die korrekte hoeveelheid of aantal in”.
g)Versend - Die verstek is een (1). Sleutel die korrekte hoeveelheid of aantal in”.
h)Opmerking - Dit is opsioneel. Kliek op F9:Opmerking, of druk die F9 sleutel. Sleutel addisionlele inligting in wat op die faktuur, moet uitdruk en kliek Goed om die Opmerking te stoor.
4.Kliek Goed. 'n Bevestigings-boodskap “Wil u dié faktuur nou druk?” sal vertoon word.
5.Indien u dié faktuur wil druk, kliek Ja.