Bevestig kwotasies en bestellings
|
|
Kwotasie(s) en Bestellings kan ook op die Dokumentinvoer lys skerm (regs-kliek) konteks-kieslys - Dokumente → Bevestig kwotasies en bestellings opsie, bevestig word. |
'n Kwotasie is die 'n brondokument wat geskep is, en die belofte om goedere / en of dienste teen 'n spesifieke hoeveelhede en sekere pryse binne 'n bepaalde periode aan 'n Debiteur (kliënt / klant) te verskaf.
Kwotasies sal geen transaksies prosesseer nie. Indien die Debiteur (kliënt / klant) die kwotasie aanvaar, kan die kwotasie bevestig word en na 'n faktuur omskep word. Wanneer die faktuur na die grootboek opgedateer word, sal dit die nodige transaksies skep.
|
|
Wanneer die debiteur (kliënt / klant) die kwotasie aanvaar, mag hy (sy) moontlik: 🞙meer van 'n item wil hê - U kan die hoeveelhede van 'n item wysig (byvoorbeeld, 1 item na 2 items). 🞙ander items hê - U nog items kan byvoeg. 🞙sekere items nie wil hê nie - U items kan skrap, ens. U kan die kwotasie redigeer voordat u die kwotasie bevestig en na 'n faktuur omskep. |
|
|
Indien die Kwotasie reeds na 'n Faktuur omskep is kan u die Faktuur redigeer. |
|
|
Indien u nie die Kwotasie wat bevestig is en na 'n faktuur omskep is, geredigeer het nie; en die faktuur is reeds na die Grootboek opgedateer (geposteer) moet u 'n Kredietnota skep en prosesseer om die geposteerde Faktuur te kanselleer of gedeeltes reg te stel. |
Om 'n Kwotasie te bevestig en na 'n Faktuur te omskep:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Invoer → Bevestig (Shift + F3).

2.Kies Kwotasies (Dokumenttipe veld).
|
|
By verstek, sal slegs die oop en onbevestigde kwotasies gelys word. Om die kwotasies wat reeds bevestig is, te lys kies (merk) die "Show posted" opsie. |
3.Kies die kwotasie(s) en kliek op die Gesel. knoppie. Die geselekteerde kwotasie(s) sal na die regter-kant se deel van die skerm "Kwotasies om na faktuur te omskep", gelys word.
|
|
Indien u meer as een kwotasie wil kies, druk die Shift sleutel en kliek op die kwotasies wat u wil bevestig. |
4.Sleutel die datum in, of kies die datum, indien nodig.
|
|
By verstek, sal die stelseldatum vertoon word. U kan die "Gebruik dokumentdatum" opsie kies. Indien dié opsie gekies is, sal die kwotasies op die oorspronklike datum bevestig word en na fakture omskep word. |
5.Kliek op die Omskep knoppie. 'n Bevestigings-boodskap "Wil u graag alle Kwotasies skrap?" sal vertoon word.
6.Kliek Ja indien u die bevestigde kwotasie(s) wil skrap.
|
|
Indien u Nee kliek, Kan u die Kwotasie(s) in die Redigeer → Skrap - Dokumente kieslys op die Aksie-duimgids skrap. U kan ook op die Skrap knoppie aan die linker-balk van die Dokumentinvoer skerm kliek, om Kwotasie(s) te skrap, indien die Postering en Skrap knoppies geaktiveer is ("Outo-posteer") opsie gekies (gemerk) is op die Dokumente-duimgids in Toegangsbeheer (Opstel-duimgids). |
7.U kan die omskepte kwotasie(s) as fakture redigeer en posteer.
8.Druk die Esc sleutel, of kliek Kanselleer om die "Bevestig kwotasies en bestellings" skerm toe te maak.
|
|
Kies debiteur knoppie - U kan ook 'n debiteurrekening(e) soek en kies.
|



