Waarskuwing Uitstaande bestellings
By verstek sal die uitstaande bestellings bygewerk word, wanneer die hoeveelheid in die “Bestel” meer is as wat in die “Versend” veld ingesleutel is. Die “Uitstaande bestellings” skerm sal by verstek outomaties geïnisieer word wanneer fakture en kwotasies geprosesseer word. Indien dié veld gekies (gemerk) is, sal die uitstaande bestellings funksie de-aktiveer word.