Debiteure - Lys - Kredietkontrolelys (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Die Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op - verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae van die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge lys. Die verslag sal die kredietlimiete, balanse en beskikbare bedrae, soos op die datum (stelseldatum) wat dit gedruk word, lys. U kan ook kies om die Kontakbesonderhede te druk vir die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge wat spesifieke aandag trek.

Om 'n Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op... verslag te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Lys. Die Kontakte verslagopsies sal vertoon word.

2.Kies "Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op".

3.Kies die volgende:

a)Vanaf rekening ... Tot rekening - Kies die rekening(e).

b)Volgorde - Kies "Debiteurkode, Beskrywing, Onaktief" of "Kredietlimiet".

c)Vertoon kontakbesonderhede - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die transaksies vertoon word. Om die kontakbesonderhede van elke debiteur (kliënt / klant) se rekening te druk, merk hierdie opsie.

d)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die debiteure wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed.


'n Voorbeeld van die "Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op" verslag, is soos volg:

Negatiewe bedrae in die Beskikbaar kolom, dui daarop dat die debiteur (kliënt / klant) die kredietlimiet oorskry. Die moontlike oorsake, is soos volg:

Kredietlimiet is nie ingesleutel nie; of moet verhoog word.

Ongeposteerde transaksies in joernale en kredietnotas wat nog na die grootboek opgedateer (geposteer) moet word.

Foutiewe transaksies kon teen die debiteur (kliënt / klant) se rekening geposteer wees.

Die debiteur (kliënt / klant) is agterstallig. Daar behoort stappe geneem te word, soos byvoorbeeld rekeningstate, aanmanings te stuur om betalings te ontvang voordat verdere verkope aan dié debiteur (kliënt / klant) gemaak word.

U kan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge onaktief stel (Rekeningkundige inligting duimgids - Debiteure op die Aksie duimgids).

'n Voorbeeld van die "Debiteurelys - Kredietkontrolelys (Kredietlimiete vs huidige balanse) soos op" ("Vertoon Kontakbesonderhede" gekies) verslag, is soos volg:

Kontak : Die naam van die kontakpersoon sal slegs vertoon word, indien die kontak in die Kontakpersoon-veld van die debiteur se rekening gekoppel (gekies) is.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free EPub producer