Krediteure- Transaksies - Standaard / Ekstra (Verslae-kieslys)
Die "Krediteurtransaksies - Standaard" en "Krediteurtransaksies - Ekstra" verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is.
Die "Krediteurtransaksies - Ekstra" is soortgelyk aan die "Krediteurtransaksies - Standaard" verslag, maar die "Krediteurtransaksies - Ekstra" vertoon ekstra details aangaande die kontrarekening en BTW-rekening. (d.i. Die kontrarekening kode, en beskrywing, byvoorbeeld, "Kontrarekeninge G750000 Voorraadkontrole,T860020 Inset BTW Standaardkoers - 15%").
|
|
Openingsbalanse sal slegs vertoon word, indien die volle finansiële jaar vertoon word. |
Om die Krediteure - Transaksies - Standaard / Ekstra details te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Transaksies.
2.Die "Transaksies" (verstek opsie) sal vertoon word. Kies "Krediteurtransaksies - Standaard" of "Krediteurtransaksies - Ekstra".

3.Kies die volgende opsies:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
d)Sluit nulbalanse in - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die rekeninge met transaksies vertoon word. Om die rekeninge met nulbalanse te druk, merk hierdie opsie.
e)Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
f)Kostesentrum 1 / 2 - Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Krediteurtransaksies - Standaard" verslag, is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Krediteurtransaksies - Ekstra details" verslag, is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:
1.Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.
|
|
Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. |
2.Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.
3.Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing.
4.Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening.
a)Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees.
b)Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente.
c)Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
d)Debiet - Transaksies met debiet bedrae.
e)Bedrag - Transaksies met krediet bedrae.
f)Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies.
5.Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.

