Krediteure - Transaksies-duimgids
Alle krediet- en / of debiettransaksies wat vir die betrokke krediteurrekening in joernale of dokumente (aankope en verskafferretoere) wat na die grootboek geposteer is, sal hier gelys word.
U kan ook 'n geposteerde joernaalverslag vir dié transaksies druk of die transaksies in T-Rekeninge ontleed en druk.

Dié transaksies is soos volg:
1.Debiet - Dokumente (i.e. Verskafferretoere), Aankoopretoerejoernaal, Betalingsjoernale,ens. Dit sal enige debiettransaksies wat in die Debietkolomme van joenale ingesleutel en geposteer is, insluit.
2.Krediet - Dokumente (d.i. Aankope), Aankoopjoernale, Genereer veelvuldige transaksies (d.i. Krediteure met heffings bedrae), ens. Dit sal enige krediettransaksies wat in die Kredietkolomme van joenale ingesleutel en geposteer is, insluit.
|
|
Filter opsies: •Alles - By verstek is dié opsie nie gekies (gemerk) nie. Dit sal slegs die transaksies wat nog uitstaande is, vertoon. Indien u alle transaksies insluitend die transaksies wat nie uitstaande is nie (wat gekoppel is in die oopitem prosessering) wil lys, moet u hierdie opsie kies (merk). •U kan op die “Verwysing, Beskrywing, Datum, Bedrag” of die “Uitstaande” kolom opskrifte kliek om die data te orden sodat die data van die kleinste tot die hoogste waardes (a-z of 0-9) of van die grootste na die kleinste waardes (z-a of 9-0) te sorteer. •U kan op die “Verwysing, Beskrywing, Datum, Bedrag” of die “Uitstaande” kolom opskrifte kliek en dit na regs of links sleep om die volgorde van die kolomme te verander. •U kan op 'n verlangde kolom kliek en dit met die muis na bo (op die blou balk) sleep. U kan soveel kolomme as wat u nodig ag (of wat vir u sinvol is) op die blou balk sleep. •U kan ook die volgorde van dié kolomme te verander deur 'n kolom (op die blou balk) te kies en na regs of links te sleep. |
Wys transaksies - knoppie
1.Kies 'n transaksie.
2.Kliek op die Wys transaksies knoppie. Al die transaksies sal in die “T-Rekeninge” skerm vir die betrokke krediteur (verskaffer) vertoon word.
3.Dubbel-kliek op die joernaalnommer (byvoorbeeld, “10161”). U kan ook 'n begin- en einddatums kies om die transaksies vir 'n spesifieke datum of tydperk te lys.

4.Indien u die transaksies wil druk, kliek Druk. Die transaksies sal in die T-Rekeninge verslag gedruk word:

Wys transaksies - Konteks kieslys
1.Kies 'n transaksie en regs-kliek. Op die konteks-kieslys, kies die “Wys transaksies” opsie.

2.Kliek op die Druk knoppie. 
