Verkope - Kredietnotas - Verkope (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Verkope - Kredietnotas per periode verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Verkoopspryse, Kospryse, wins of Verlies en die Wins/Verlies persentasie, vir die items.

Hierdie verslag sluit slegs geposteerde kredietnotas in. Ongeposteerde kredietnotas is NIE in die verslag ingesluit nie.

Om 'n kredietnotas per periode - verkope verslag te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Verkope → Kredietnotas → Verkope.

2.Kies die volgende:

a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.

b)Volgorde - Kies "Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Verkoopsprys" of "Kosprys".

3.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Verkope - Kredietnotas per periode" verslag, is soos volg:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: What is a Help Authoring tool?