Bykomend tot die Skeppingsassistent (“Creation wizard”), kan u ook eksakte kopieë van u eie Stel Boeke skep. U kan ook enige van die Stelle Boeke  (sjablone in die ".../Bin/Repository" omslag (vouer / gids)) gebruik om u eie Stel Boeke te skep. Stelle Boeke word in die     skep. Stelle Boeke ".../Books  omslag (vouer / gids) gestoor. 

Ander opsies om Stelle Boeke te skep, is soos volg:

Begin → Stoor as.

Begin → Kopieer 'n Stel Boeke (Skeppingsassistent "Creation wizard").

Opstel → Nutsitems → Globale prosesse → Kopieer vanaf 'n Stel Boeke.

Die volgende opsies om u eie Stel Boeke te skep, is op die Skeppingsassistent (“Creation wizard”) beskikbaar: 


1.Kopieer 'n Bestaande Stel Boeke - Skep 'n eksakte kopie van 'n bestaande Stel Boeke.  

2.Laat TurboCASH u help om 'n Stel Boeke te skep - Skep 'n nuwe Stel Boeke deur een van die Stelle Boeke wat vir u keuse (taal en land) gedurende die installasie van TurboCASH in die Stel Boeke in die  ".../Books  omslag (vouer / gids) geïnstalleer is. U kan ook 'n ander Stel Boeke (sjablone) in die ".../Bin/Repository" omslag (vouer / gids) kies.  TurboCASH sal u deur die proses neem om u eie Stel Boeke te konfigureer. 

3.Pasmaak u eie Stel Boeke (Gevorderd) - Skep 'n nuwe Stel Boeke van begin af. Geen Tabel van rekeninge word geskep. Dit word aanbeveel dat hierdie opsie deur gevorderde gebruikers behoort gebruik word.