Hierdie verslag lys alle kontakte wat aan debiteure (kliënte / klante) se rekeninge sowel as alle kontakte wat aan krediteure (verskaffers) se rekeninge gekoppel is. 

Om 'n lys van die kontakte vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te druk, kies Verslae → Debiteure → Lys - Kontakte kieslys (Verslae-duimgids). 

Om 'n lys van die kontakte vir krediteure (verskaffers) se rekeninge te druk, kies Verslae → Krediteure → Lys - Kontakte kieslys (Verslae-duimgids). 

Die volgende opsies is beskikbaar om kontakte te skep / redigeer of te skrap

Aksie → Kontakte  

Aksie → Debiteure - Kontakte-duimgids  

Aksie → Krediteure - Kontakte-duimgids  

Aksie → Kalender - Kontakte 

Om kontakte te druk

1.Op die Verslae-duimgids, kies Kontakte

2.Volgorde - Kies "Eerste naam, Naam, Rekening of Beskrywing".

3.Kliek Goed. 'n Voorbeeld van die gedrukte "Kontakte" verslag is soos volg: