Kontakte
Die Kontakte skerm lys alle kontakte vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge sowel as alle kontakte vir krediteure (verskaffers) se rekeninge.
|
|
Om 'n lys van die kontakte vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te druk, kies Verslae → Debiteure → Lys - Kontakte kieslys (Verslae-duimgids). Om 'n lys van die kontakte vir krediteure (verskaffers) se rekeninge te druk, kies Verslae → Krediteure → Lys - Kontakte kieslys (Verslae-duimgids). |
Die volgende opsies is beskikbaar om kontakte te skep / redigeer of te skrap:
•Aksie → Kontakte
•Aksie → Debiteure - Kontakte-duimgids
•Aksie → Krediteure - Kontakte-duimgids
•Aksie → Kalender - Kontakte
Om kontakte te skep / redigeer of te skrap:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Kontakte.

|
|
Die Druk knoppie op die Kontakte skerm is onaktief. Dié lys van kontakte kan in die Verslae → Kontakte (Verslae-duimgids) gedruk word. |
