Grootboekontleder- Kolombalanse - Debiteure - Debiet / Krediet

Parent Previous Next

U kan op 'n rekening of 'n spesifieke periode dubbel-kliek om die transaksies in die T-Rekeninge skerm te vertoon. U kan die transaksies druk, indien nodig.

Dit sal die debiet / krediet balanse (transaksie totale) vir debiteure (kliënte / klante) se rekeninge vir elke periode lys.

U kan kies om slegs die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge met balanse te lys, of om die rekeninge met nulbalanse ook te lys.

Buiten dat u die transaksies in die T-Rekeninge kan druk, kan hierdie verslagtipe slegs na 'n ontledingstaat ("spreadsheet") (byvoorbeeld, OpenOfficeCalc, Microsoft Excel, ens.) uitgevoer kan word.

Die periodes, is soos volg:

1.Openingsbalans vorige jaar - Periode -1

2.Periodes - Dit is die vorige jaar (hierdie jaar) periodes - gewoonlik 1 tot 12.

3.Periode Totaal - Die totaal van die periodes se totale vir verlede jaar.

4.Einde verlede jaar -  Die totaal vir verlede jaar openingsbalanse en die totale vir elke periode (Periodes 1 -12).

5.Openingsbalans hierdie jaar -  Periode 0 - Dit behoort dieselfde te wees as die totale vir verlede jaar  

6.Periodes - Dit is die huidige jaar (hierdie jaar) periodes - gewoonlik 14 tot 25.

7.Periode Totaal - Die totaal van die periode totale vir hierdie jaar.

8.Einde vorige jaar - Openingsbalans hierdie jaar totaal en die Periode totaal (Hierdie jaar).

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Full-featured EPub generator