Kalender - Skep / Redigeer afsprake
U kan enige van die volgende kategorieë afsprake skeduleer: 
1.Afspraak - Skeduleer algemene afsprake (byvoorbeeld besoeke aan dokter, tandarts, ens.).
2.Wederkerende fakture - Skeduleer wederkerende fakture. U kan dan die wederkerende fakture vir u debiteure (kliënte / klante) skeduleer om fakture te genereer op spesifieke dae of periodes. Wederkerende fakture kan vir 'n spesifieke debiteur of 'n debiteurgroep geskeduleer word.
3.Debiteurafspraak - Skeduleer tot ses (6) kategorieë van afsprake vir u debiteure (kliënte / klante).
4.Krediteurafspraak - Skeduleer afsprake vir u krediteure (verskaffers).
5.Ure - Skeduleer afsprake vir u debiteure (kliënte / klante). U kan vir die tye fakture genereer vir elk van u debiteure (kliënte / klante).
Om 'n afspraak te skeduleer:
1.Kies 'n gepaste tydgleuf op die dag-aansig van die kalender. Regs-kliek op die geselekteerde tydgleuf.
2.Op die konteks-kieslys, kies die "Voeg-afspraak by..." opsie.
3.Die "Ongetiteld - Afspraak" skerm sal vertoon word: 
4.Sleutel die Onderwerp vir die afspraak in.
5.Kies die kategorie vir die tipe afspraak (d.i. Afspraak, Wederkerende fakture, Debiteurafspraak (6 kategorieë) of Krediteurafspraak).
6.Kies die begin- en eindtyd vir die afspraak.
|
|
Indien u die "Heel dag afspraak" opsie kies, kan u nie die begin- en eindtyd kies nie. |
7.Kies die "Afspraak herhaling" indien die afspraak moet herhaal. Die opsies is ("Geen" (verstek), "Daagliks, Weekliks, Maandeliks per dag, Maandeliks per datum, Jaarliks per dag, Jaarliks per datum" of "Pasmaak").
|
|
Indien "Pasmaak" gekies word, kan u die aantal dae vir die interval spesifiseer. |
|
|
Indien die "Afspraak herhaling" tot 'n ander waarde as "Geen" gestel word, sal die afspraak tot en met 'n jaar geskeduleer word. |
8.Kies die "Aanmaning" opsie, indien u aan die afspraak herinner wil word.
|
|
Dit sal u volgens u keuses betyds herinner wanneer die afspraak of taak aandag nodig het. |
9.Sleutel enige ander notas vir die afspraak in. Dit sal vertoon word in die Aanmaning vertoon word.
|
|
Dié addisionele notas of inligting sal ook op die Afspraak-duimgidse van Debiteure en Krediteure se rekeninge vertoon word. |
10.Kliek OK om die afspraak te stoor.
