Joernaalinvoer - Konteks-kieslys - Kopieer
Om die Kontrarekening, Datum, of Verwysing van een transaksie in 'n joernaal na 'n ander transaksie te kopieer:
1.Kies 'n transaksie waarvan u wil kopieer.
2.Regs-kliek en kies die Kopieer → Kopieer / inisieer → Kontrarek. of Datum of Verwysing opsies op die konteks-kieslys.
3.Kies die transaksie waarheen u die geselekteerde opsie wil kopieer.
4.Regs-kliek en kies die Kopieer → Plak na / uitvoer → Kontrarek. of Datum of Verwysing opsie op die konteks-kieslys. Die geselekteerde veld sal in die geselekteerde veld van die transaksie geplaas word of bestaande inligting in die veld sal vervang word.