Joernaalinvoer - Konteks-kieslys - Opsoek debiteur
Om 'n debiteurrekening vanaf die Debiteurreninge skerm te kies:
1.Kies 'n transaksie in die joernaal.
2.Regs-kliek en kies die Opsoek debiteur op die konteks-kieslys. Die "Debiteurrekeninge" skerm sal vertoon word. 
3.Kies die debiteur (kliƫnt / klant) se rekening. (U kan die filter en sorteer opsies gebruik om die spesifieke debiteur op te spoor).
4.Kliek op die OK of Open knoppie. Die geselekteerde debiteurrekening sal in die Rekeninge-kolom van die joernaal vertoon word.