Rugsteun Stel Boeke na E-pos
Om hierdie funksionaliteit te benut, moet u stelsel behoorlik gekonfigureer wees vir Internet en e-pos.
Om 'n rugsteunlêer te skep en per e-pos te stuur:
1.Kies die “E-pos rugsteun” opsie op die “Rugsteun Stel Boeke” skerm. Sodra die rugsteunproses afgehandel is, sal u stelsel se verstek e-posprogram outomaties geïnisieer word.
2.Die e-posadres vir “TurboCASH5 sal outomaties in die E-posadres veld vertoon word. U kan dit met 'n ander geldige e-posadres (byvoorbeeld met die e-posadres van u rekenmeester, ouditeur, konsultant, ens.) vervang.
3.Die onderwerp “TurboCASH5 Rugsteun” sal outomaties in die Onderwerp veld vertoon word. Indien nodig, kan u die onderwerp uitbrei. Dit is belangrik dat TurboCASH5 hier vertoon word.
4.Die rugsteunlêer sal outomaties as 'n aanhangsel (“attachment”) tot dié e-posboodskap ingesluit word. U kan egter enige ander dokumente tot dié e-posboodskap voeg, indien nodig.
|
|
Let asseblief daarop dat u Internet Diensverskaffer moontlik e-posboodskappe (insluitend aangehegte lêers) tot 1.2MB kan beperk. Indien u e-posboodskap groter as die toegelate grote is, kan u e-posboodskap moontlik teruggestuur word. |
5.“U Kontak inligting” sal outomaties in die boodskap area vertoon word. Sleutel u eie e-posboodskap in.
6.Kliek op die Stuur knoppie van u stelsel se verstek e-posprogram. Die inligtingsboodskap “Die rugsteunproses is afgehandel!” sal vertoon word.
7.Kliek Goed op dié inligtingsboodskap.
