Outo-Rugsteun (Auto-Backup)
By verstek, is die “Auto-Backup” opsie nie geaktiveer nie. Dié funksie sal outomaties 'n rugsteunlêer (in die verstek rugsteunomslag van die Stel Boeke (Opstel-duimgids → “Setup” → Rugsteunomslag - byvoorbeeld, “C:/TCASH5/Backups”) skep, wanneer u TurboCASH verlaat (sluit) en die Stel Boeke oop (aktief) is.
|
|
Die “Auto-Backup” funksie behoort slegs vir enkel-gebruiker installasies op een rekenaar geaktiveer te word. |
Die outomatiese rugsteun (“Auto-Backup”), is slegs beskikbaar indien die TurboCASH program toegemaak (gesluit) word deur die volgende opsies te gebruik:
1.Kiek op die Sluit
knoppie op die regter-kantse hoek van die TurboCASH program se titelbalk.
2.Regs-kliek op die TurboCASH5 ikoon in die Windows taakbalk en kliek “X Sluit venster”.
Om die “Auto-Backup” funksie te aktiveer:
3.Vind die “Tcash.ini” lêer (in die TCASH5 installasie omslag. U sal u stelsel se verstek lêerblaaier (byvoorbeeld, Windows-Verkenner (“Windows Explorer”), ens. te gebruik.
4.Maak die “Tcash.ini” lêer met u stelsel se Notablok (“Notepad”) , of enige teks-redigeer program van u keuse oop. Die opstelling in die “[BACKUP]” seksie van die “Tcash.ini” lêer, is soos volg gestel:
AUTOBACKUP=FALSE
5.Verander “FALSE” na “TRUE”. Die waarde moet soos volg vertoon word:
AUTOBACKUP=TRUE
6.Stoor die “Tcash.ini” lêer.
