Rugsteunomslag
Hierdie opsie word gebruik om die verstek skyf en/of vouers (gidse) op u stelsel te kies waarin al u rugsteunlêers gestoor word. U die rugsteunomslag stel om na enige ander plek op u hardeskyf of verwyderbare eksterne media, CD-R, CD-R/W, USB verwyderbare toestel.
Ander rugsteun opsies:
1.Verander die Rugsteunomslag - Die verstek skyf en/of vouers (gidse) kan verander word in die "Rugsteun na" veld in Begin → Rugsteun/Herstel skerm.
2.Backups folder - Die “Backups" rugsteunomslag is reeds in die TCASH5 installasie vourer (gids) ingesluit.
|
|
U kan al u rugsteuninglêers in dié rugsteunomslag (byvoorbeeld, C:/TCASH5/Backups) stoor. Onthou asseblief om rugsteunlêers in hierdie omslag (vouer / gids) op eksterne media te stoor en dié rugsteunlêers op 'n veilige plek te bewaar. |
3.Outo-Rugsteun (Auto-Backup) - Die Outo-Rugsteun (Auto-Backup) sal outomaties rugsteunlêers skep wanneer u TurboCASH verlaat of toemaak.
|
|
By verstek is die "Auto-Backup" fasiliteit nie geaktiveer nie. Sien Outo-Rugsteun (Auto-Backup) om die fasiliteit te aktiveer of te de-aktiveer. |
Om die verstek Rugsteunomslag te stel:
1.Op die Opstel-duimgids, kies “Setup” → Rugsteunomslag.

2.Kies dié omslag (vouer / gids) waarin u rugsteunlêers, by verstek, gestoor moet word.
3.Kliek op die OK knoppie.
