TurboCASH5 (4.0.0.969) - Afrikaans  


Dinsdag, 28 Januarie 2025 - 07:20:16 - TurboCASH Videos     


Dankie dat u die TurboCASH5 program aangeskaf het. Die TurboCASH program is maklik om te gebruik, tog is dit 'n uitsonderlike kragtige rekeningkundige program. TurboCASH laat u rekeningkundige stelsel volgens u eie vereistes opstel, en stel u in staat om die program aan te pas om aan u spesifieke besigheid se behoeftes en vereistes te voldoen. 

TurboCASH5 kan aangepas word om basies enige onderneming se vereistes te akkommodeer. Die program is so aanpasbaar, dat indien u besigheid sou uitbrei of u van een vorm van eienaarskap na 'n ander wil oorskakel, byvoorbeeld van 'n eenmansaak na 'n vennootskap, beslote korporasie of maatskappy of indien u selfs vir BTW wil registreer of de-registreer, kan TurboCASH hierdie veranderings ook met gemak hanteer.

Die TurboCASH5 installasie lêer is beskikbaar om gratis by sourceforge af te laai.

Accounting Made Easy 

A hands-on tutorial to work with TurboCASH5.

Rekeningkunde met Gemak 

'n Praktiese handleiding en verwysings in Afrikaans wat op die "Accounting Made Easy" boek, gebaseer is.  

 

Aangesien TurboCASH in meer as 20 tale en in meer as 80 verskillende belasting stelsels bedryf kan word, is daar verskeie maniere om TurboCASH te konfigureer.

Die sleutel tot die TurboCASH program is in is in die opstelling en parameters. 

Gelukkig, hoef u slegs die Stel Boeke te kies wat vir u taal en land geïnstalleer is, te kies as basis om u eie Stel Boeke te skep.