Kenmerke

Inleiding ››
Parent Previous Next

 TurboCASH5.1 -  Hulp - Afrikaans


Vrydag, 31 Augustus 2018 - 07:39:10


Die TurboCASH program is 'n uiters kragtige rekeningkundige program en is maklik om te gebruik. TurboCASH5 help u om vinnig aan die gang te kom en vergemaklik baie van die tydrowende take in die rekeningkundige proses.

Maklik om te begin

Maklike stap-vir-stap installasie.

Gebruik ons sjablone Stelle Boeke om u eie Stel Boeke te skep.

Omvattende handleidings en dokumentasie.

Omvattende konteks sensitiewe hulp-stelsel (Tans slegs in Engels beskikbaar).

Ondersteun veelvuldige tale

Veelvuldige tale / spesifiek vir lande. Kan in 86 taal en land konfigurasies geïnstalleer en opgestel word.

U kan 'n taal vir elke gebruiker stel. Byvoorbeeld indien u in Afrikaans werk (kies “af-Afrikaans”), en een van u gebruikers verkies om in Engels te werk (kies “en-South-Africa”).

Multi-taal Stel Boeke

Dit maak dit moontlik vir 'n veeltalige land, of selfs 'n internasionale maatskappy, om in verskillende tale in 'n Stel Boeke te werk. Die koppelvlak en verslae sal in die taal van die gebruiker vertoon word.

Kalender / Beplanner

Skeduleer algemene afsprake, tot ses (6) kategorieë afsprake vir debiteure (kliënte / klante) en afsprake vir krediteure (verskaffers).

Skeduleer en prosesseer wederkerende fakture.

Skeduleer en prosesseer afsprake om kwotasies fakture vir ure (byvoorbeeld, arbeid, konsultasiefooie, ens.) te prosesseer.

Skep fakture vir enige afsprake met debiteure (kliënte / klante).

Druk, verslag vir enige periode of datums van afsprake.

Stel aanmanings om u betyds aan afsprake, ens., te herinner.

Take – Lys take, stel dit as afgehandel of skrap take.

Kontakte – Skep, redigeer of skrap kontakpersone.

Debiteure / Krediteure

Kits-skakels na webtuistes - Dubbel-kliek op die “Webtuiste” veld van debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers) se rekeninge om hul webbladsye direk in u stelsel se verstek Internet webblaaier program te gaan.  

Kits-skakels na e-posadresse - Dubbel-kliek op die “E-pos” veld van debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers) se rekeninge om hul e-posadresse direk in u stelsel se verstek e-posprogram te inisieer. U hoef slegs die onderwerp en die boodskap in te sleutel (asook enige dokumente aan te heg, indien nodig) en dit te stuur.

Skep en gebruik tot twee (2) Verslaggroepe vir debiteure (kliënte / klante) en krediteure (verskaffers).

Bestuur rekeninge van debiteure (kliënte / klante) in nege (9) duimgidse (d.i. Afleweringsadres, Rekeningkundige inligting, Kontakte, Afsprake, Dokumente, Transaksies, Bankrekening, Uitstaande bestellings en Voorraaditems)  

Bestuur rekeninge van krediteure (verskaffers) in agt (8) duimgidse (d.i. Afleweringsadres, Rekeningkundige inligting, Kontakte, Afsprake, Dokumente, Transaksies, Bankrekening en Voorraaditems).

Kopieer 'n geselekteerde rekening van 'n debiteur (kliënt / klant) of of krediteur (verskaffer). U kan dan net die besonderhede wysig, waar nodig.

Volledige voorraadbeheer

Skep tot elf (11) tipes voorraaditems.  

Skep en gebruik tot twee (2) Verslaggroepe vir voorraaditems.

Finansiële inskrywing tipe voorraaditems kan gebruik word om grootboekrekeninge direk in dokumente.

Joernale

Skep enige aantal joernaaltipes volgens u behoeftes.

Verskeie opsies en konfigurasies vir joernale.

Wederkerende transaksies.

Kanselleer geposteerde joernale.

Afkortings kan gedefinieer word en in joernale sowel as dokumente se beskrywings kolomme gebruik word.

Veelvuldige transaksies (Heffings, Rente, Vaste Bedrae, Debiteure met balanse minder as 'n gespesifiseerde bedrag).

Skep kwitansies (Ontvangstejoernale).

Ontvang betalings - Oopitem.

Dokumente

Skep en gebruik tot twee (2) Verslaggroepe vir dokumente.

Verkoopspersone – Kan vir verkoopsdokumente (d.i. kwotasies, fakture en kredietnotas) asook aankoopdokumente (d.i. bestellings, aankope en verskafferretoere) gekies word.

Wederkerende fakture.  

Skep fakture vir afsprake en ure kalender.

Kan die volgorde waarin transaksies en / of opmerkings in geposteerde sowel as ongeposteerde dokumente vertoon word, verander.

Kanselleer geposteerde dokumente.

Uitvoer / Invoer van dokumente.

Skoonmaak / terugstel van 'n Stel Boeke met die opsie om dokumente te behou en as ongeposteer stel.

Verslagontwerper om u eie dokument uitleglêers te ontwerp of om bestaandes te wysig.

Afleweringsnotas kan ook gedruk word.

Kragtige omvattende verslae

Verslaggroepe – Kan tot twee (2) verslaggroepe vir rekeninge, debiteure, krediteure, voorraaditems, dokumente en kostesentrums stel.

Multi-jaar verslagperiodes – Alle finansiële en ander verslae kan vir spesifieke periodes gedruk word (d.i. Maand, 2 Maande, 3 Maande 4 Maande, 6 Maande of 'n Jaar) gedruk word of selfs vir spesifieke datums of 'n spesifieke datum, gedruk word.

Grootboekontleder

Lyste van die begroting en werklike (geposteerde joernale en dokumente) in die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat asook Standaard kolombalanse verslae.  

Begroting vs werklike verslag.

Kolombalanse in die grootboek, debiteuregrootboek en krediteuregrootboek.

T-Rekeninge – Filter, druk en uitvoer van transaksies of begrotings.

Verkoopsontleding en aankoopontleding.

Verslagontwerper - Alle verslae wat nodig is om elke aspek van u onderneming te beheer en te bestuur is op die Verslae-duimgids beskikbaar.

Bykomend tot dié verslae, kan u die verslagontwerper gebruik om u eie verslae en dokument uitleglêers te ontwerp en of om bestaande verslae en dokument uitleglêers te redigeer.  

Joernaalverslae – Kragtige verslae vir geposteerde transaksies in joernale en dokumente.


Uitvoer / Invoer

Die volgende kan uitgevoer en / of ingevoer word:

Rekeninge

Debiteure

Krediteure

Voorraad

Dokumente

Geposteerde joernale

Addisionele funksies

Die volgende funksies sal slegs beskikbaar wees, indien dit geaktiveer word:

Kostesentrum 1 en / of Kostesentrum 2.

Projekte.



Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easy CHM and documentation editor