Indien u TurboCASH5, op .n latere stadium wil deinstalleer, gaan na die Start knoppie van u Windows bedryfstelselen kies die TurboCASH5 "Start Menu folder":



Kliek op die Uninstall TurboCASH5 opsie.

Kliek Yes om TurboCASH5 te de-installeer. 


Wag vir die proses om te voltooi. sodra die proses afgehandel is, sal die volgende inligting-boodskap vertoon word: 

Kliek OK


Nadat die de-installerings proses afgehandel is, moet u die Windows Verkenner ("File Explorer") gebruik om die TCASH5 installasie omslag (vouer/ gids) te gaan. 



Die volgende lêers moet handmatig verwyder word:

Bin/Settings.dfm

DataTmp (leë omslag)

tmp (leë omslag)


Die lêers wat deur die gebruiker na die oorspronklike installasie geskep is sal nie outomaties met die de-installasie-proses verwyder word nie. Voorbeelde hiervan, is soos volg:  

Backup folder - Rugsteunings van Stelle Boeke of Sets of Books

books folder -Enige Stel Boeke wat geskep. gekopieer of gestoor is, ens.

Bin/Themes - Enige nuwe temas (byvoorbeeld, agtergrond beelde, ikone, ens.).

plug_ins/reports/ - enige verslae wat geskep is, ens.

Registration.ini file - Slegs indien u die weergawe van TurboCASH geregistreer het.