Inisieer TurboCASH
Om TurboCASH5 te inisieer:
1.Om TurboCASH te inisieer, dubbel-kliek op die
ikoon (indien die “Create a desktop icon” opsie nie op die “Kies Bykomende take” skerm in die “Installasie” skerm gekies is nie).
Of kies TurboCASH op die Windows Begin knoppie.
Die volgende skerm sal vertoon word:

2.Die TurboCASH program sal geïnisieer word.
|
|
Windows 10 Nadat TurboCASH geïnstalleer is, kan TurboCASH5 moontlik in die Onlangs bygevoeg “Recently added “ op die Begin knoppie gelys wees. U kan TurboCASH5 na die Toepassings spasie trek of sleep.
|
Indien TurboCASH nie hier gelys is nie, kliek op Alle toepassings.. Op die lys kies TurboCASH5 en trek dit na die Toepassings spasie.
Kitstoegang tot TurboCASH sal dan op die Begin lys in Windows beskikbaar wees.
Sodra TurboCASH geïnisieer is, sal die Begin-, Aksie-, Verslae-, Opstel-, en Gebruiker-duimgidse vertoon word.
|
|
Indien geen Stel Boeke oopgemaak is nie, sal slegs die Begin-duimgids, aktief wees. Indien 'n stel boeke oopgemaak is, sal die ander opsies op die onderskeie duimgidse aktief wees. |

