Verkoopspersone (Opstel)
Hierdie opsie stel u in staat om verkoopspersone wat u voorraaditems of dienste sal verkoop, te skep of te skrap. Dié verkoopspersone kan gekies word wanneer verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas of kwotasies) wat op ‘n debiteur ( kliënt / klant) betrekking het, geprosesseer word.
|
|
U kan die verstek verkoopspersoon aan elke debiteurrekening koppel. Wanneer verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas of kwotasies) geprosesseer word, sal die verstek verkoopspersoon outomaties op die dokumentinvoer skerm vertoon word. Indien nodig, kan u steeds 'n ander verkoopspersoon kies. |
|
|
Wanneer aankoopdokumente (aankope, verskafferretoere of bestellings) geprosesseer word, kan u ook 'n verkoopspersoon kies. U sal dan kan bepaal watter verkoopspersoon die aankoopdokumente (aankope, verskafferretoere of bestellings) geprosesseer het. |
U sal verskeie verkoopsontleding verslae kan genereer om te bepaal wat die verkoopspersone se prestasies is en om kommissies vir verkoopspersone te bereken.
Om verkoopspersone te skep:
|
|
Verkoopspersone kan ook in die Verkoopspersoon groep (Opstel → Groepe) geskep of geskrap word. |
1.Op die Opstel-duimgids, kies Verkoopspersoon.

2.Maak seker dat “Tracy” en “Russell” in die lys verskyn.
3.Kliek Byvoeg. 'n Nuwe reël met “Change name” sal vertoon word.
4.Sleutel u eie naam in (vervang “Change name”).
5.Kliek Maak toe.
Om 'n verkoopspersoon te skrap:
1.Op die Opstel-duimgids, kies Verkoopspersoon.
2.Kies die verkoopspersoon.
3.Kliek Skrap. 'n bevestigings-boodskap "Wil u graag dié Verkoopspersone :Naam skrap?" sal vertoon word.
4.Maak absoluut seker dat die korrekte verkoopspersoon gekies is.
5.Kliek Ja.
6.Kliek Maak toe.
|
|
Om 'n lys van u verkoopspersone te druk: 1.Op die Opstel-duimgids, kies Groepe. 2.Kliek op die Verkoopspersone groep. 3.Kliek Druk. |
