Registreer TurboCASH
Registrasie van TurboCASH5 is opsioneel. Daar is geen beperkings op die aantal transaksies nie.
U hoef TurboCASH5 slegs te registreer, indien u enige inprop-programme wil aankoop.
Sodra u op die webtuiste geregistreer is, moet u die gebruikersnaam en wagwoord, in TurboCASH aktiveer.
Om TurboCASH te registreer:
Op die Begin-duimgids, kies Registrasie (of Aanlyn registrasie).

|
|
U kan ook dié Registrasie opsie kies deur op die Aksie-duimgids en Hulp → Aanlyn registrasie kieslys te kliek. |
Kliek Kry dit aanlyn (op die “Registreer u TurboCASH” skerm). Die volgende “Registreer u TurboCASH” skerm sal vertoon word:

1.Sleutel u gebruikersnaam en wagwoord in.
2.Kliek Stuur. 'n Inligtings-boodskap “Registration send success!” sal vertoon word.
3.Kliek OK. Die boodskap “You have registered successfully! Username” (e-posadres en gebruikersnaam) so wel as die “Code” (Reeksnommer) sal direk onder-kant die “Gebruikersnaam” en “Wagwoord” velde vertoon word. Indien u reeds Inprop-programme (“Plugins”) aangekoop het, sal die besonderhede van die Inprop-programme (“Plugins”) in die “U moet eers TurboCASH5 registreer om inprop-programme te kan registreer!” seksie van dié skerm gelys word.
|
|
Wanneer u TurboCASH vir die eerste keer inisieer (of elke keer daarna, indien die program nie geregistreer is nie), sal die Registrasie ikoon op die Begin-duimgids vertoon word. |

