Riglyne om u Stel Boeke op te stel
Indien u een van die Stelle Boeke wat geïnstalleer is, of in die "...\bin\Repository" omslag (vouer / gids) gekies het, om u eie Stel Boeke te skep, is die meeste opstellings in die Stelle Boeke reeds vooraf gestel. U hoef slegs die basiese inligting in te sleutel en 'n paar keuses te doen. Die opsies, is soos volg:
1.Skep u eie Stel Boeke - TurboCASH laat u toe om 'n Stel Boeke binne enkele te skep of te kopieer.
2.Verstek opstelling - TurboCASH sal die parameters en u keuses gebruik om sekere funksies te doen:
a)Opstel onderneming - Slutel u kontak informasie en registrasie nommers vir u onderneming en BTW in (indien dit van toepassing op u onderneming is) in.
b)Finansiële periodes - Stel die begindatum van u finansiële jaar en die rekeningkundige periodes.
c)Definieer groepe vir verslae - Voeg u verslaggroepe by (waar nodig) of redigeer die verslagroepe. om dit aan die 5 finansiële kategorieë te koppel.
d)Finansiële kategorieë - Koppel u rekening verslaggroepe (byvoorbeeld, Inkomste, Ander inkomste, Uitgawes, Kapitaal, Langtermyn laste, Bedryfslaste, Vaste bates, Bedryfsbates, aan die 5 finansiële kategorieë d.i. Inkomste, Uitgawes, Kapitaal, Bates en Laste).
e)Joernaal tipes - Kontroleer die tipe joernale waarin u transaksies wil prosesseer. Die basiese joernaal tipes (d.i. Aankope, Aankoopretoere, Verkope, Verkoopsretoere, Bankrekening (Betalings- en Ontvangstejoernaal), Kleinkas (Betalings- en Ontvangstejoernaal) en Algemene joernaal) behoort reeds by die Stel Boeke ingesluit, te wees. U kan volgens u behoeftes meer joernale byvoeg.
f)Toegangsbeheer en Wagwoorde (Opsioneel) Skep gebruikers en stel wagwoorde.
g)Internet opstel (Opsioneel) - Konfigureer u e-pos en internet in u Stel Boeke om verslae, lyste, dokumente, ens. oor die Internet te stuur.
h)Dokumente opstel - Alle dokumentnommers begin met “000001” wat met 2 alfabetiese karakters voorafgegaan word (d.i. “FK” vir fakture, “KN” vir Kredietnotas, “AK” vir Aankoopdokumente, “VR” vir Verskafferretoere, “BS” vir Bestellings en “KW” vir Kwotasies). U kan dit verander om by u nommerstelsel in te pas. U kan die beskrywings byvoeg wat op u dokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Aankoopdokumente, Verskafferretoere, Bestellings en Kwotasies) moet druk.
i)Verkoopspersone - Sleutel die name in van verkoopspersone.
j)Opstel voorraad inligting - Stel die beskrywings van Verkoopsprys 1 / 2 /3. Voeg die eenhede vir u goedere en / of dienste by (d.i elk, ure, ens.) Indien u handelsvoorraad verkoop, moet u ook die Koste van verkope aktiveer en die opsies stel.
k)Set Preferences -
i)Rugsteun omslag – Kies die plek (omslag, skyf waarin u die rugsteunlêers wil stoor.
ii)Drukker – Konfigureer u drukkers.
iii)Dataparameters – Stel sekere opsies.
3.Pasmaak u Stel rekeninge - Die Stel Boeke wat u gekies het om u eie Stel Boeke te skep, bevat reeds 'n Tabel van Rekeninge. U kan rekeninge byvoeg en rekeninge skrap om by u behoeftes te pas.
4.Skep rekeninge vir u debiteure (kliënte / klante)
5.Skep rekeninge vir u krediteure (verskaffers)
6.Skep voorraaditems vir u handelsvoorraad, goedere en dienste. (Daar is 11 voorraad tipes wat u kan gebruik om voorraaditms te skep.
7.Sleutel u openingsbalanse in.
8.Begin om u daaglikse transaksies in joernale en / of dokumente te prosesseer.
9.Genereer verslae.