Voorraaditems - Linker-balk

Parent Previous Next

Die opsies is soos volg:

1.Knoppies – Die volgende knoppies is beskikbaar:

a)Nuwe – Skep 'n nuwe voorraaditem.

b)Skrap – Skrap 'n geselekteerde voorraaditem.

c)Redigeer – Redigeer 'n geselekteerde voorraaditem.

U kan ook op 'n bestaande voorraaditem dubbel-kliek.

d)Stoor – Opdateer die voorraaditem met enige wysigings.

e)Kanselleer – Kanselleer sal die veranderinge nie stoor nie.

f)Kopieer vanaf item – Dit sal 'n kopie van die geselekteerde voorraaditem skep. U hoef slegs die geselekteerde voorraaditem se kode en beskrywing te verander en die velde wat u volgens u behoeftes nodig ag.

U kan ook die voorraaditem tipe verander, indien nodig. Die velde wat nie op ander voorraaditem tipes van toepassing is nie, of van toepassing is, sal ook gedeaktiveer / geaktiveer word.

g)Verstek – Dit sal die Invoer / Uitvoer-, Voorraadaansuiwering- en Opstellings-duimgidse vertoon. Indien u op die Verstek knoppie kliek, sal die knoppie se naam na Gevorderde metode verander. Dit sal die Invoer / Uitvoer-, Voorraadaansuiwering- en Opstellings-duimgidse versteek en u kan die data van die voorraaditems soos in 'n ontledingstaat ("Spreadsheet"), redigeer of wysig.

5.Perk reëls - Die verstek aantal reëls is "50000" rekords om die skerm gelys te word.  U kan die aantal rekords stel indien nodig.

6.Verslag – U kan kies om die Strepieskode, of Yagoda strepieskode vir geselekteerde voorraaditem(s) te druk. U kan op die Druk knoppie kliek, of op die konteks-lys - "Print single item" kies.

Dié Strepieskode, of Yagoda strepieskode etikette, kan ook op die Verslae → Voorraad → Druk etikette (Verslae-duimgids) gedruk word.

7.Strepieskode drukker – Kies hierdie opsie indien u 'n strepieskode drukker opgestel en vir u stelsel gekonfigureer het.

8.Enkelreël metode - Die volgende uitlegte is vir die Verstek metode en die Gevorderde metode beskikbaar.

a)Verstek metode - (Invoer / Uitvoer-, Voorraadaansuiwering- en Opstellings-duimgidse vertoon)

Enkelreël metode gekies  

Enkelreël metode nie gekies nie

b)Gevorderde metode - Invoer / Uitvoer-, Voorraadaansuiwering- en Opstellings-duimgidse is nie beskikbaar nie.

Die gevorderde metode sal die kolomme met dieselfde data groepeer. In hierdie voorbeeld is daar twee items wat aan Kraggereedskap Voorraadgroep 1 gekoppel is.

Enkelreël metode gekies

Enkelreël metode nie gekies nie 

9.Opdateertipe - Die volgende opsies is beskikbaar vir die volgorde waarin die kolomme behoort te vertoon:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create iPhone documentation