Grootboek - Grafiek (Verslae kieslys)
Vertoon die netto wins en / of verlies per week in 'n staafgrafiek.
Om 'n Grafiek - Wins / Verlies per week te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Grootboek → Grafiek:

2.Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die gedrukte "Grafiek - Wins / Verlies per week", is soos volg:

|
|
Die totale behoort met die Proefbalans en Inkomstestaat se totale ooreen te stem, indien die periodes dieselfde is. |
Die besonderhede is soos volg:
1.Vertikale as -
a)Positiewe bedrae - Inkomste per week.
b)Negatiewe bedrae - Uitgawes per week.
2.Horisontale as - Die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
3.Totale
a)Inkomste - Die totale waarde van Aankope en debiettransaksies in joernale vir die geselekteerde periode.
b)Uitgawes - Die totale waarde van Kredietnotas dokumente, betalings ontvang en krediettransaksies vir die geselekteerde periode.
c)Netto Wins/Verlies - Die bedrag uitstaande is die verskil tussen die Inkomste en die Uitgawes. 'n Positiewe bedrag dui op 'n wins en 'n negatiewe bedrag dui op 'n verlies.
