By verstek, sal 'n bevestigings-boodskap, byvoorbeeld "Wil u dié faktuur nou druk?" vertoon word wanneer daar op die Goed knoppie gedruk word, nadat u 'n dokument geskep of geredigeer het. 

Indien u op Ja kliek, sal die dokument gedruk word. Indien u op Nee kliek, kan u die dokument op 'n latere stadium druk. 

Om die druk bevestigings-boodskap te de-aktiveer:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Voorraadinligting

2.Kies (merk) die "Geen druk bevestiging" veld. 

3.Kliek Goed.

U kan 'n lys van ongedrukte dokumente in die Verslae → Dokumente → Ongedrukte dokumentelys druk.  

U kan ook die ongedrukte dokumente op die lys van dokumente filter om Gedruk = 0 te lys, byvoorbeeld: