Skrap Stel Boeke
U kan 'n Stel Boeke permanent van u stelsel verwyder (skrap). U moet ook seker maak dat die nodige verslae gedruk en bewaar is, alvorens u 'n Stel Boeke skrap.
|
|
Indien u 'n Stel Boeke geskrap per abuis het, is dit permanent verlore. Al hoe u die data kan herwin, is van 'n rugsteunlêer, of indien u die Stel Boeke op 'n ander plak op u stelsel gestoor het. |
|
|
Alvorens u 'n Stel Boeke skrap u volgens die Belastingowerheid vir vyf jaar (of volgens ander wetgewing selfs langer periodes voorgeskryf kan wees) waarvoor u rekeningkundige rekords vir belasting en oudit doeleindes, moet bewaar. |
Om 'n Stel Boeke te skrap:
1.Op die Begin-duimgids, kies die Skrap Stel Boeke opsie. Die volgende Stel Boeke skerm, sal vertoon word:

2.Kies die Stel Boeke en kliek Skrap. Sie volgende bevestigings-boodskap sal vertoon word:
"Is u seker dat u die MY-BOEKE stel rekeninge wil skrap?"
3.Indien u op die Ja knoppie kliek, sal nog 'n bevestigings-boodskap vertoon word:
"Dié Stel Boeke MY-BOEKE-OI sal geskrap word! Wil u die skrapping kanselleer?"
4.Op hierdie skerm het u die laaste kans op die skraping te kanselleer. Indien u Ja kliek, sal de proses gekanselleer word. Indien u Nee kliek, sal die Stel Boeke permanent geskrap word.
5.Sodra dié Stel Boeke geskrap is, sal dié volgende inligtings-boodskap vertoon word:
"Stel Boeke D:\TCASH5\BOOKS\MY-BOEKE-OI\Books.fdb geskrap"
6.Kliek op die Goed knoppie.
|
|
Nadat u Stel Boeke geskrap is, sal die Stel Boeke, asook enige beelde wat in die Stel Boeke bestaan het na u stelsel se "Recycle Bin" gestuur word.
|
|
|
Indien die Stel Boeke te groot was; of indien u setsel se "Recycle Bin" onaktief gestel is, sal die Stel Boeke permanent vanuit u Stelsel verwyder wees. |
|
|
Skrap 'n Stel Boeke met n wagwoord: 1.Indien die Stel Boeke wat u wil skrap, 'n wagwoord benodig om aan te teken. sal die "Aanteken" skerm vertoon word. 2.Sleutel 'n geldige wagwoord in, en kliek Goed. |




