Die konteks-kieslys vir krediteurrekeninge bied ekstra opsies.

Konteks-kieslys – Die volgende opsies is beskibaar:

1.Reports” (Verslae) – U kan kies om die etiket vir die geselekteerde krediteur se posadres of afleweringsadres te druk.

2.Krediteurgroep 1 - Alle krediteurgroepe wat u vir Krediteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien u krediteurgroep1 per abuis nie aan 'n krediteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan u dit steeds doen deur die betrokke krediteurrekeninge te kies. U hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte krediteurgroep op die “Krediteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies. 

3.Krediteurgroep 2 - Alle krediteurgroepe wat u vir Krediteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien u krediteurgroep1 per abuis nie aan 'n krediteurrekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan u dit steeds doen deur die betrokke krediteurrekeninge te kies. U hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte krediteurgroep op die “Krediteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.

4.Copy account” (Kopieer rekening - Skep 'n kopie van 'n geselekteerde krediteurrekening. Alle inligting sal behoue bly en kan geredigeer word waar nodig. Geen dokumente of transaksie inligting sal gekopieer word nie.