Skep Voorraaditems - Verkope

Parent Previous Next

Verkope – Die voorraadtipe word aanbeveel vir die verkope van nie-handelsvoorraad. Moet slegs aan 'n Verkoperekening en 'n Uitset BTW-rekening gekoppel te word.


Indien u goedere of dienste verkoop wat nie handelsvoorraad is nie, kan u die verkope en die verkope (geen voorraad) voorraaditem tipes gebruik. Die voorraaditem tipes

Enkele voorbeelde waar u 'n Verkope (geen voorraad) tipe voorraaditem kan gebruik, is onder andere:

Fakture vir dienste, soos byvoorbeeld, arbeid, konsultasie fooie, ens.  

Fakture vir aflewerings kostes, en ander diverse kostes,ens.

Om 'n Verkope voorraaditem te skep:

1.Op die Aksie-duimgids, kies Voorraaditems of druk die F12 sleutel.

2.Kliek Nuwe. 'n leë Voorraaditem skerm - Verstek tipe voorraaditem sal vertoon word.

3.Kies die Verkope voorraaditem tipe.

4.Kies en sleutel die volgende in:

a)Voorraadkode - Sleutel 'n kode vir die voorraaditem in. Die kode kan tot 15-karakters lank wees..

b)Beskrywing - Sleutel 'n beskrywing vir die voorraaditem in.

c)Strepieskode - Nie van toepassing op Verkope voorraaditem tipe nie.

d)Vervaardiger - Sleutel die nodige inligting van die vervaardiger in, indien beskikbaar.

e)Tipe - Verkope voorraaditem tipe moet geselekteer wees.

f)Eenheid - Kies a gepaste eenheid (byvoorbeeld Elk, Ure, ens.).    

Die Eenhede word in Voorraadinligting (Opstel-duimgids) geskep.

g)Onaktief - By verstek, is voorraaditems aktief gestel.  

h)Pas faktuurkorting toe - Hierdie opsie is by verstek gemerk. Dit is slegs van toepassing op debiteure (kliënte / klante).

Die persentasie korting word in die "Debiteurkorting" veld op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Debiteure op die Aksie-duimgids) ingesleutel.

i)Ekstra beskrywing - U kan enige addisionele inligting of beskrywing vir die voorraaditem insleutel. (Dit is opsioneel).

j)Verslae - Voorraadgroep 1 / 2 - Kies die voorraadgroep vir die voorraaditem.

Die beskrywing van voorraadgroep 1 en / of 2 wat u in die "Naam van verslaggroep" ingesleutel het, vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2, sal hier vertoon word.  

Kies 'n gepaste Voorraadgroep 1 en of Voorraadgroep 2 wat in (Groepe (Opstel-duimgids) ingesleutel is.

k)Voorkeurverskaffer 1 - Indien u 'n spesifieke verskaffer het waarvan u dié voorraad item gereeld aankoop, kan u die verskaffer kies. U kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.  

l)Voorkeurverskaffer 2 - Indien u 'n alternatiewe verskaffer het waarvan u dié voorraad item kan aankoop, kan u die verskaffer kies. U kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.  

5.Gaan na die Grootboek-duimgids.  

6.Die opsies wat gekies en ingesleutel moet word, is soos volg:

a)Rekeningklas - U moet elke voorraaditem aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole  koppel. U kan rekeningklasse skep en aan die aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole)  koppel. U hoef slegs die rekeningklas te kies, om die voorraaditem outomaties aan die vyf rekeninge te koppel.

Die Inset-BTW veld is onaktief, asook die Koste van Verkope en die Voorraadkontrole rekeninge.

b)Laaste faktuur - Dié veld is onaktief. Die datum van die laaste faktuur wat of ander dokument waarin u vir hierdie voorraaditem gekies het, sal hier vertoon word.

c)Kostesentrum - Dié veld is by verstek onaktief. Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.

d)Gewig

i)Netto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.

ii)Bruto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.

e)Verkoopspryse - Sleutel die verkoopsprys 1/2/3 eksklusief van BTW in of Inklusief van BTW in. Die Inklusief van BTW veld sal die Eksklusiewe bedrag bereken volgens die persentasie wat vir die geselekteerde BTW-rekening ingesleutel is.

Indien u die Verkoopspryse se beskrywings verander het in Voorraadinligting (Opstel-duimgids), sal u beskrywings hier vertoon word.

U kan enige van die 3 verkoopspryse kies wanneer u Fakture, Kredietnotas en Kwotasies prosesseer.

f)Waardes

i)Gemiddelde koste - U kan die gemiddelde kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die gemiddelde prys outomaties opgedateer word.

ii)Totale koste - U kan die totale kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.

iii)Hoeveelheid op hande - U kan die aantal voorraaditems op hande insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die sal aantal items outomaties opgedateer word.  

iv)Nuutste koste - U kan die nuutste kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.

v)Herbestelvlak - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat u in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, moet u  kan u vroegtydig voorraad bestel en / of aankoop.

vi)Herbestel by - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat u in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, moet u  kan u vroegtydig voorraad bestel en of aankoop. Indien die voorraaditems, hierdie vlak bereik, moet u voorraad bestel en / of aankoop.

vii)Minimum - Sleutel die minimum aantal voorraaditems in.

7.Kliek op die Stoor knoppie om die voorraaditem te stoor.  

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create PDF Help documents