Skep Voorraaditems - Finansiële inskrywing
Finansiële inskrywing – Wanneer dié tipe voorraaditem (in dokumente) gekies word, sal die rekeninge opsoek skerm vir rekeninge geïnisieer word waarop u 'n grootboekrekening kan kies.
Geen rekeninge (d.i. Verkope, Koste van verkope en Voorraadkontrolerekeninge) kan aan die tipe voorraaditem koppel word nie. Slegs die Inset BTW- en Uitset BTW-rekeninge kan gestel word. Verkoopspryse kan ook ingesleutel en bygewerk word.
U hoef slegs die BTW-rekeninge (Inset BTW en Uitset BTW) te stel. Aankooppryse kan ook vir dié voorraaditem ingesleutel en geredigeer word. Wanneer u dié voorraaditem kies, kan u 'n grootboekrekening kies. Dié voorraaditem, word vir die aankoop van enige ander diens wat nie handelsvoorraaditems is nie, gebruik.
Voorbeelde van rekeninge wat met die voorraaditem tipe, gekies kan word:
🞙Verkoopsdokumente (i.e. Invoices, Credit notes and Quotes)
▪
Inkomste-rekeninge - Verkope en ander inkomsterekeninge.
🞙Aankoopdokumente (i.e. Aankope, Verskafferretoere en Bestellings).
▪
Uitgawerekeninge - (byvoorbeeld, Aankope van goedere, dienste, skryfbehoeftes, ens.)
▪
Baterekeninge - Aankoop van Vaste bates en ander Bedryfsbates.
Om 'n Finansiële inskrywing voorraaditem te skep:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Voorraaditems of druk die F12 sleutel.
2.Kliek Nuwe. 'n leë Voorraaditem skerm - Verstek tipe voorraaditem sal vertoon word.
3.Kies die Finansiële inskrywing voorraaditem tipe. 
4.Kies en sleutel die volgende in:
a)Voorraadkode - Sleutel 'n kode vir die voorraaditem in. Die kode kan tot 15-karakters lank wees..
b)Beskrywing - Sleutel 'n beskrywing vir die voorraaditem in.
c)Strepieskode -Nie van toepassing op Finansiële inskrywing voorraaditem tipe nie.
d)Vervaardiger - Sleutel die nodige inligting van die vervaardiger in, indien beskikbaar.
e)Tipe - Finansiële inskrywing voorraaditem tipe moet geselekteer wees.
f)Eenheid - Kies a gepaste eenheid (byvoorbeeld Elk, Ure, ens.).
|
|
Die Eenhede word in Voorraadinligting (Opstel-duimgids) geskep. |
g)Onaktief - By verstek, is voorraaditems aktief gestel.
h)Pas faktuurkorting toe - Hierdie opsie is by verstek gemerk. Dit is slegs van toepassing op debiteure (kliënte / klante).
|
|
Die persentasie korting word in die "Debiteurkorting" veld op die Rekeningkundige inligting-duimgids (Debiteure op die Aksie-duimgids) ingesleutel. |
i)Ekstra beskrywing - U kan enige addisionele inligting of beskrywing vir die voorraaditem insleutel. (Dit is opsioneel).
j)Verslae - Voorraadgroep 1 / 2 - Kies die voorraadgroep vir die voorraaditem.
|
|
Die beskrywing van voorraadgroep 1 en / of 2 wat u in die "Naam van verslaggroep" ingesleutel het, vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2, sal hier vertoon word. Kies 'n gepaste Voorraadgroep 1 en of Voorraadgroep 2 wat in (Groepe (Opstel-duimgids) ingesleutel is. |
k)Voorkeurverskaffer 1 - Indien u 'n spesifieke verskaffer het waarvan u dié voorraad item gereeld aankoop, kan u die verskaffer kies. U kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.
l)Voorkeurverskaffer 2 - Indien u 'n alternatiewe verskaffer het waarvan u dié voorraad item kan aankoop, kan u die verskaffer kies. U kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.
5.Gaan na die Grootboek-duimgids.
6.Die opsies wat gekies en ingesleutel moet word, is soos volg:
a)Rekeningklas - U moet elke voorraaditem aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole koppel. U kan rekeningklasse skep en aan die aan vyf (5) rekeninge (d.i. Inset-BTW, Uitset-BTW, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrole) koppel. U hoef slegs die rekeningklas te kies, om die voorraaditem outomaties aan die vyf rekeninge te koppel.
|
|
Die Uitset-BTW veld is onaktief, asook die Koste van Verkope en die Verkoperekening. |
b)Laaste faktuur - Dié veld is onaktief. Die datum van die laaste faktuur wat of ander dokument waarin u vir hierdie voorraaditem gekies het, sal hier vertoon word.
c)Kostesentrum - Dié veld is by verstek onaktief. Indien u kostesentrums geaktiveer het, kan u 'n kostesentrum kies.
d)Gewig
i)Netto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.
ii)Bruto gewig - Sleutel in, indien van toepassing.
e)Verkoopspryse - Sleutel die verkoopsprys 1/2/3 eksklusief van BTW in of Inklusief van BTW in. Die Inklusief van BTW veld sal die Eksklusiewe bedrag bereken volgens die persentasie wat vir die geselekteerde BTW-rekening ingesleutel is.
|
|
Indien u die Verkoopspryse se beskrywings verander het in Voorraadinligting (Opstel-duimgids), sal u beskrywings hier vertoon word. |
|
|
U kan enige van die 3 verkoopspryse kies wanneer u Fakture, Kredietnotas en Kwotasies prosesseer. |
f)Waardes
i)Gemiddelde koste - U kan die gemiddelde kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die gemiddelde prys outomaties opgedateer word.
ii)Totale koste - U kan die totale kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.
iii)Hoeveelheid op hande - U kan die aantal voorraaditems op hande insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die sal aantal items outomaties opgedateer word.
iv)Nuutste koste - U kan die nuutste kosprys of aankoopprys insleutel. Wanneer u aankoopdokumente prosesseer, sal die totale kosprys outomaties opgedateer word.
|
|
Nadat u die voorraaditems geskep het, kan u ook die kospryse vanaf 'n vorige rekeningkundige stelsel se rekords aanneem. |
v)Herbestelvlak - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat u in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, moet u kan u vroegtydig voorraad bestel en / of aankoop.
vi)Herbestel by - Sleutel die minimum aantal voorraaditems wat u in voorraad wil hou in. Indien die aantal items hierdie vlak bereik, moet u kan u vroegtydig voorraad bestel en of aankoop. Indien die voorraaditems, hierdie vlak bereik, moet u voorraad bestel en / of aankoop.
vii)Minimum - Sleutel die minimum aantal voorraaditems in.
7.Kliek op die Stoor knoppie om die voorraaditem te stoor.

