Joernaaltipes (Skep)
Joernaaltipes is die joernale waarin u die transaksies vanaf u brondokumente gaan insleutel (invoer). U sal byvoorbeeld, die fakture in die verkoopsjoernaal, deposito's of kwitansies in die ontvangstejoernaal, tjeks in die betalingsjoernaal invoer, ens. Nadat u die transaksies vanaf die brondokumente ingevoer het, moet u dié transaksies nagaan en die transaksies na die grootboek opdateer of posteer.
U kan ook addisionele joernaaltipes skep om aan u behoeftes te voldoen. Vir die doeleindes van dié handleiding, is al die nodige joernaaltipes reeds beskikbaar.
Indien u meer as een bankrekening het, moet u 'n spesifieke betalings- en ontvangstejoernaal vir elk van die bankrekeninge skep.
U kan op enige stadium joernaaltipes byvoeg soos u behoeftes verander en / of u spesifieke opstelling vir joernale benodig.
Die basiese opstelling van joernaaltipes vir die rekening opsoektipe sowel as die kontrarekening opsoektipe asook die bedraginvoer kolomme (debiet / krediet of beide), is soos volg:
|
JOERNAALTIPE |
REKENING OPSOEKTIPE |
KONTRAREKENING OPSOEKTIPE |
DEBIET /KREDIET |
|
Verkoopsjoernaal |
Debiteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
Verkoopsretoere |
Algemene grootboek |
Debiteure |
Krediet |
|
Aankoopjoernaal |
Algemene grootboek |
Krediteure |
Krediet |
|
Aankoopretoere |
Krediteure |
Algemene grootboek |
Debiet |
|
Betalingsjoernaal |
Alle |
Alle |
Debiet |
|
Ontvangstejoernaal |
Alle |
Alle |
Krediet |
|
Algemene joernaal |
Alle |
Alle |
Debiet en Krediet |
Om 'n joernaaltipe by te voeg:
1.Op die Opstel-duimgids, kies Joernaaltipes.

2.Kies 'n joernaaltipe op die lys.
3.Kliek op Byvoeg. 'n Blanko reël sal bokant die geselekteerde joernaaltipe gevoeg word.
4.Sleutel die naam vir die nuwe joernaaltipe in.
5.Kliek Maak toe.