Bankkostes op die bankstaat
U sal eers weet wat u werklike bankkoste is wanneer u die bankstaat vanaf die bank ontvang. Enige bankkoste wat betaal is, moet in u “Betalingsjoernaal” ingevoer word en enige rente ontvang moet in u “Ontvangstejoernaal” ingevoer word.
Dit is altyd ‘n goeie idee om die bankstaatnommer as verwysingsnommer te gebruik as verwysing na die bankstaat waarvan u die transaksies ingesleutel het.
In hierdie voorbeeld, moet bankkoste in die “Betalingsjoernaal geprosesseer word. Druk die Esc sleutel op u sleutelbord om die Bankrekonsiliasie skerm toe te maak.
|
|
Alvorens u die bankrekonsiliasie skerm toemaak of verlaat, maak seker dat u op die Prosesseer ikoon en op die “Apply Reconciled” opsie gekliek het om die gerekonsilieerde items (gemerkte items) te stoor. |
Om die bankkoste in te sleutel en die bankrekonsiliasie te finaliseer:
1.Op die Aksie-duimgids, kies Joernale.
2.Kies “ABC-Betalings” en kliek Open.
3.Sleutel “ABC-BetalingsBS5” as die Joernaalnaam (Alias) in.
4.Sleutel die volgende transaksie in:
a)Verwysing: BS5
b)Datum: 2018/03/31
c)Rekening: G200-000 – Bankkoste
d)Beskrywing: Bankkoste – Bankstaatnr. 5
e)BTW: Kies Geen BTW.
|
|
BTW mag moontlik op sekere bankkostes van toepassing wees. Vir die doeleindes van dié handleiding, sal ons geen BTW kies nie. |
f)Bedrag: 45,00 DT
|
|
In die praktyk is dit makliker om enige bankkoste, debietorders, ens., in u Betalings- en / of Ontvangstejoernale in te sleutel voordat u met u rekonsiliasie begin. |
5.Kliek op F5:Balanseer om die transaksies te balanseer.

6.Kliek op F8:Lys om die transaksies in die joernaal te lys.
7.Kliek op F6:Posteer om die transaksies na die grootboek op te dateer.
8.Druk die Esc sleutel om dié joernaal toe te maak.
9.Gaan terug na u bankrekonsiliasie en rekonsilieer u bankkoste. Die “Verskil” in die in die regterkantste onderste hoek van die “Rekonsilieer bankrekening” skerm moet nou 'n nul syfer vertoon.
|
|
Nadat u die bankrekonsiliasie afgehandel het, behoort u seker te maak dat u kasboek wel balanseer. |


