BTW-Opsoek - Dokumente

TurboCASH5 Program ›› Opsoek ›› BTW-Opsoek ››
Parent Previous Next

Wanneer u transaksies in Dokumente (Aksie-duimgids) aankoopdokumente (d.i. Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) en verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) prosesseer, moet u absoluut seker maak dat u die korrekte BTW-kode teen die korrekte BTW-koers kies.

Die 14% BTW-koers (byvoorbeeld die “850000” rekeningreeks) is gewoonlik op transaksies tot en met 31 Maart 2018, in die “Datum” veld, van toepassing.

Die 15% BTW-koers (byvoorbeeld die “860000” rekeningreeks) is gewoonlik op transaksies vanaf 1 April 2018, in die “Datum” veld, van toepassing.

U behoort 'n Nulkoers BTW – 0% kode in die 14% struktuur (byvoorbeeld, “850040 Nulkoers BTW – 0%”) en in die 15% struktuur (byvoorbeeld, “860040 Nulkoers BTW – 0%”)  te hê. Maak seker dat dié korrekte Nulkoers BTW – 0% kode kies.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce Kindle eBooks easily