TurboCASH5 Program

Previous Next

Die TurboCASH program se gebruiker-vriendelike koppelvlak maak die program maklik om te gebruik. Wanneer u TurboCASH vir die eerste keer inisieer, sal TurboCASH se koppelvlak in die taal wat tydens die installasie gekies is, vertoon word.

Wanneer 'n Stel Boeke oopgemaak word, sal die taal en land wat vir dié Stel Boeke gestel is (Opstel → Toegangsbeheer – Standaard sekuriteit-duimgids) in TurboCASH se koppelvlak, vertoon word.

Die af-Afrikaanse taallêer is vir die skermskote in dié handleiding gebruik.

Die program opsies is in vyf (5) duimgidse gegroepeer en kan maklik deur enkele klieke met die muis, of deur kortpad sleutels op u sleutelbord te gebruik, geïnisieer word.

Die opsies en funksies in die TurboCASH program word kortliks toegelig.


Die TurboCASH program se gebruiker-vriendelike koppelvlak is:

1.Titelbalk – Vertoon die weergawe van die TurboCASH5 program, naam van dié Stel Boeke (Opstel → Opstel onderneming) wat oopgemaak is asook die naam van die gebruiker (indien gebruikers in die Opstel → Toegangsbeheer geskep is).

Indien daar geen gebruikers geskep is nie, sal “(Universal Administrator logged in)” vertoon word.

Indien TurboCASH5 geregistreer is, sal die geregistreerde reeksnommer, naam aan wie dié program geregistreer is, ook vertoon word.

2.Skermwenke – Indien die muis oor 'n ikoon in die stroke van die duimgidse beweeg, sal die naam van dié ikoon asook enige kortpad sleutels (indien van toepassing) vertoon word (byvoorbeeld, Dokumente (F6)).

Dit sal nie enige funksie of aksie inisieer nie, maar slegs as 'n flits-kaart dien om        die kortpad sleutels makliker te aan te leer.

3.TurboCASH in die Windows Taakbalk – Die TurboCASH5 ikoon sal in die Wys versteekte ikone” van u Windows taakbalk vertoon word.  U kan op dié TurboCASH5 ikoon regs-kliek om die konteks-kieslyste van TurboCASH5 se duimgidse en kieslyste te vertoon.

4.Duimgidse – Die funksies en aksies van die TurboCASH5 program word in die volgende vyf (5) duimgidse groepeer:

a)Begin - Groepeer die aksies wat nodig is om die Stelle Boeke in TurboCASH5 te bestuur (oopmaak, toemaak skep, skrap, stoor as), die taal te kies, registrasie en om TurboCASH5 te verlaat.

b)Aksie – Groepeer die funksies en aksies om meesterlêers (d.i. Debiteure, Krediteure, Kontakte, Rekeninge, Voorraaditems) te skep, redigeer of te skrap. Die funksies en aksies om transaksies (d.i. Dokumente, Joernale, Bankrekonsiliasie, Oopitem koppelings, ens.) te prosesseer en na die grootboek te posteer, ens.  

c)Verslae – Groepeer toegang tot verslae (kieslys), gebruikerverslae (kieslys), Grootboekontleder 1, Grootboekontleder 2, T-Rekeninge, drukker en verslagontwerper.

d)Opstel – Opstel onderneming, Opstel dokumente, Groepe, Voorraadinligting, Finansiële periodes, Toegangsbeheer, Joernaaltipes, Verkoopspersoon, Drukker, Werkvloei opstel, “Setup” (kieslys), Verslagontwerper, Sakrekenaar, Invoer, Uitvoer  en Nutsitems (kieslys).

e)Gebruiker – Dié duimgids is by verstek nie geaktiveer nie. Dié duimgids bied die gerief om is kits toegang tot die funksies wat die meeste gebruik word, te bestuur.

U kan die F1 sleutel op die meeste skerms, of wanneer u op sommige velde fokus, druk om direk na die konteks-sensitiewe hulp onderwerp te gaan.

5.Statusbalk – Die volgende word in die statusbalk vertoon:

a)Gebruikernaam – Indien daar geen gebruikers geskep is nie, sal “(Universal Administrator)” vertoon word. Die naam van die gebruiker (indien gebruikers in die Opstel → Toegangsbeheer geskep is) sal dan vertoon word.

b)Naam van Stel Boeke – Die naam van dié Stel Boeke (Opstel → Opstel onderneming) wat oopgemaak (aktief) word in die vierde seksie van die statusbalk vertoon.

c)Ligging vir die aktiewe Stel Boeke – Die volledige ligging waar dié Stel Boeke op u stelsel gestoor is word in die laaste seksie van die statusbalk vertoon.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Write eBooks for the Kindle