Om die TurboCASH program te bedryf, benodig u die volgende:

'n IBM versoenbare rekenaar met Microsoft Windows 98, Windows 2000, Windows ME, Windows NT, Windows XP of Vista, Windows 7, Windows 8, Windows 10 of Windows 11 as bedryfstelsel.

256 MG ETG (ewetoeganklike geheue) vir ‘n enkel-gebruiker / 512 MG vir ‘n multi-gebruiker.

36 Spoed of hoër CD-ROM 

SVGA / LCD / LED skerm (1024x768 skerm resolusie of hoër).

Ongeveer 650MG harde skyf spasie.

Vermindering in die koste van hardeware en die vooruitgang van tegnologie het die eenvoudigste moderne rekenaar meer bekostigbaar en baie beter as enige ouer rekenaars gemaak. TurboCASH is 'n databasis. Dit sal meer doeltreffend op 'n beter rekenaar funksioneer.