Reportman verslae - Stuur na skerm

Parent Previous Next

Wanneer verslae en uitleglêers vir dokumente (d.i. verkoopsdokumente (fakture, kredietnotas en kwotasies) asook aankoopdokumente (d.i. aankope, verskafferretoere en bestellings)) na die skerm gestuur word, sal die verslae en dokument uitleglêers in die volgende besigtiging skerm vertoon word:

Die ikone in die verslag op skerm kan in vyf (5) seksies (d.i. Navigasie, Uitset, Opstelling, Zoem en Soek) asook die Toemaak knoppie gegroepeer word. Dié ikone (asook die kortpad sleutels) word kortliks bespreek:

1.Navigasie -

a)Eerste (Home) – Gaan na die eerste bladsy van die verslag.

b)Vorige (Page Up) – Gaan na die vorige bladsy van die verslag.

c)Bladsynommer – Die bladsynommer van die bladsy wat vertoon word. U kan 'n spesifieke bladsynommer insleutel, en die Enter sleutel druk, om direk na die bladsy te gaan.

d)Volgende (Page Down) – Gaan na die volgende bladsy van die verslag.

e)Laaste bladsy (End) – Gaan na die laaste bladsy van die verslag.

2.Uitset -

a)Druk (Ctrl+P) – Dit sal die “Druk” skerm van u bedryfstelsel inisieer. Indien nodig, kan u 'n ander drukker (as u stelsel se verstek drukker) op u stelsel kies, spesifieke bladsye of 'n spesifieke bladsy kies, of selfs die getal kopieë kies.

b)Stoor (Ctrl+S) – Stoor die verslag as 'n meta-lêer verslag. Op die “Stoor meta-lêer as meta-lêer” skerm kan u die volgende doen:

Kies die plek en omslag waarin u dié verslag wil stoor.

Sleutel 'n lêernaam in.

Die “PDF file – Compressed” is die verstek opsie in die “Stoor as tipe” lys. U kan 'n ander tipe (formaat) kies. Die volgende tipes formate is beskikbaar:


-

*.rpmf

Report Metafile




*.pdf

PDF file – Compressed


-

*.pdf

PDF file – Uncompressed (default)


-

*.xls

Excel file


-

*.xls

Excel file (one sheet)


-

*.txt

Text file


-

*.bmp

Bitmap file


-

*.html

Html file


-

*.html

Html file (single)


-

*.svg

Scalable Vector Graphics file


-

*.csv

Comma Separated Value file


-

*.txt

Custom Text file


-

*.rpmf

Executable Meta file uncompressed


-

*.exe

Executable meta file

Microsoft Excel (Office) moet geïnstalleer wees om verslae na ontledingstate (“spreadsheet”) “Excel spreadsheet of Excel (one sheet) spreadsheet (*.xls)”vanaf die “Reportman” druk voorskou skerm te stoor.

c)E-pos (Ctrl+E) – Dit sal 'n PDF (“Portable Document Format”) lêer skep. Dit sal ook 'n blanko e-posboodskap (in u stelsel se verstek e-posprogram) inisieer waarin die verslag of dokument as 'n aanhangsel tot dié e-posboodskap geheg sal word.

Die naam van die verslag of dokument sal outomaties gegenereer word (byvoorbeeld, “REPC526.pdf”). Dit sal ook outomaties in die “Onderwerp” veld ingevoeg word en ook in die titelbalk van dié e-posboodskap vertoon word.

Dit word aanbeveel dat u u eie sinvolle onderwerp in die “Onderwerp” veld insleutel. U kan dan die e-posadres (en enige ander e-posadresse) byvoeg en 'n boodskap insleutel voordat u die boodskap stuur.

3.Opstelling -

a)Wys verslag bladsy opstelling (F11) – Dit sal die “Dialoog” skerm vertoon waarop u die opstellings vir die bladsy, drukker en opsies (d.i. “Prefered save format”) kan stel.

b)Wys verslagparameters (F12) – Die meeste van die verslae sal net die skerm verfris word. U moet egter die verslag (op skerm) toe maak en die opsies op die verslag weer kies indien nodig.

Indien die verslag geen parameters het nie (in gevalle waar die verslag direk druk (in dié skerm vertoon word) wanneer u op die Goed knoppie kliek, sal die verslag geen opsies hê wat u kan kies nie), sal dié ikoon onaktief wees.

In enkele verslae, kan dié ikoon aktief wees en wanneer u op dié ikoon kliek. Indien u sekere waardes verander sal die inhoud van die verslag ook verander.

4.Zoem -

a)Vertoon die verslag in werklike grootte (F6) – Die verslag sal in die werklike grootte vertoon word, soos wanneer dit gedruk word.

b)Skaal aanpassing van bladsy na die venster wydte (F7) – Die verslag sal in die volle breedte van die skerm vertoon word. Indien u dié skerm se grootte wysig (byvoorbeeld, op die “Maksimeer” of die “Minimeer” knoppies, in die titelbalk van dié skerm, kliek), sal die bladsy van die verslag outomaties aangepas word.

c)Skaal om volle bladsy te vertoon (F8) – Die volledige bladsy (lengte en breedte) sal in die skerm vertoon word.

d)Zoem uit (- op die numeriese gedeelte van u sleutelbord) – Elke kliek of druk van die sleutel sal die papier grootte kleiner vertoon.

e)Zoem in (+ op die numeriese gedeelte van u sleutelbord) – Elke kliek of druk van die sleutel sal die papier grootte groter vertoon.  

5.Soek (Ctrl+F3) -

U kan teks, syfers, bedrae, spesiale karakters, ens., insleutel om enige inhoud van die verslag te vind.

Kliek Maak toe. U kan ook op die Sluit knoppie op die titelbalk van die verslag op skerm kliek.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Free HTML Help documentation generator