Aankope - Bestellings Aankope (Verslae-kieslys)
Bestellings per periode verslag vertoon die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede en Kospryse vir die items.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs bevestigde bestellings in. Onbevestigde bestellings is NIE in die verslag ingesluit nie. |
Om 'n bestellings per periode verslag te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Aankope → Bestellings → Aankope.

2.Kies die volgende:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Volgorde - Kies "Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelhede, Eenheidskoste" of "Kosprys".
3.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Bestelling per periode" verslag, is soos volg:

