Grootboek - Transaksies (Verslae-kieslys)
Alle transaksies wat in joernale en dokumente geprosesseer is en na die grootboek opgedateer (geposteer) is, sal in transaksie-verslae gedruk word.
Om Algemene Grootboek transaksies te druk:
1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Grootboek → Transaksies.
2.Kies "Transaksies" (verstek opsie).

3.Kies die volgende:
a)Per periode - Kies 'n periode. U kan ook op die Per datum(s)-duimgids kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
b)Vanaf rekening ...Tot rekening - Kies die rekening(e).
c)Volgorde - Kies "Rekening" of "Beskrywing".
d)Sluit openingsbalanse in - Indien dié opsie nie gemerk is nie, )sal dit slegs die transaksies lys. Kies die opsie om die openingsbalanse in te sluit.
|
|
Openingsbalanse sal slegs vir Balansstaat tipe rekeninge vertoon word. Dit sal nie vir Inkomste- en Uitgawe tipe rekeninge vertoon word nie. |
e)Sluit openingsbalanse in - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word.
4.Kliek Goed.
'n Voorbeeld van die "Algemene grootboek - Transaksies" verslag, is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:
1.Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.
|
|
Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. |
2.Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.
3.Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing.
4.Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening.
a)Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. Indien dit 'n balanserende transaksie in joernale is, sal die balanserende transaksie deur agt (8) asteriske (********) aangedui word. In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees.
b)Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente.
c)Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
d)Bedrag - Debiet- of kredietbedrag van die transaksie.
e)Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies.
5.Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.

