Wenke wanneer u die bankrekonsiliasie doen
Wenke wanneer u die rekonsiliasie doen:
1.Maak seker dat u al die bladsye van u bankstaat het, en dat dié bladsye op mekaar volg.
2.Gebruik die laaste dag van die maand en dié bedrag soos per bankstaat - dit sal u sluitings datum (sluit items in tot en met) en bankbalans aan die einde van daardie datum wees.
3.Begin aan die begin van u bankstaat en nie in die middel nie.
4.Gebruik ‘n liniaal. Dit is dan makliker om u rekonsiliasie reël vir reël te doen en merk elke gerekonsilieerde item op u staat.
5.Indien u ‘n fout ontdek, gaan terug na u Kasboek en probeer om die fout onmiddellik reg te stel. Moet nie voortgaan met die res van die rekonsiliasie, alvorens u die fout reggestel het nie.