Kanselleer geposteerde joernale

Joernale ››
Parent Previous Next


Dit sal die transaksies in joernale en / of dokumente kanselleer en die transaksies van joernale en / of dokumente as ongeposteer stel.

Kanselleer geposteerde joernale – Alle transaksies wat in 'n geselekteerde joernaal (Aksie → Joernale) na die grootboek geposteer is, sal gekanselleer word. Dit sal alle geposteerde transaksies weer as 'n ongeposteerde joernaal beskikbaar stel en alle totale opdateer.

U kan dié joernaal dan die joernaal in geheel skrap, spesifieke transaksies skrap, transaksies byvoeg, joernaal balanseer, transaksies in die joernaal lys en dit weer na die grootboek posteer, indien nodig.

Rugsteun u Stel Boeke voordat u Joernale kanselleer.

Die proses sal outomaties -

Die transaksies en totale terug stel, kanselleer en die rekeninge dienooreenkomstig bywerk.

Die joernaal as 'n ongeposteerde joernaal beskikbaar stel met die transaksies, soos wat dit oorspronklik ingesleutel en gebalanseer is, voordat dié joernaal opgedateer (geposteer) is.

Hierdie opsie behoort slegs gebruik te word om kritieke foute reg te stel.

Foute wat in die normale rekeningkundige proses gemaak word, behoort met regstellende transaksies in die algemene joernaal of gepaste joernaal gedoen te word.

Om 'n geposteerde joernaal te kanselleer:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Nutsitems → Globale prosesse → Kanselleer geposteerde joernale / dokumente.

2.Die Joernale-duimgids (verstek) sal vertoon word.

Geen dokumente

Die opsie is by verstek gekies (gemerk). Slegs die joernale wat in Joernale op die Aksie-duimgids, geprosesseer is, word gelys.

Indien die opsie nie gekies is nie (merk verwyder), sal die dokumente op die Dokumente-duimgids ook gelys word.

3.Kies die geposteerde joernaal wat u wil kanselleer.  

Indien u meer as een joernaal wil kies, druk die Shift sleutel en kliek op die joernale wat u wil kanselleer.

Besigtig die besonderhede van die joernaal om absoluut seker te maak dat dit die korrekte joernaal is, wat u wil kanselleer.

Dubbel-kliek op 'n geselekteerde joernaal.

Op die Detail-duimgids, sal die transaksies gelys word, soos in die volgende voorbeeld:

U kan op die Druk knoppie kliek om die geposteerde joernaal verslag vir die transaksies te druk.

4.Kliek op die Kanselleer geposteerde joernaal knoppie. 'n Bevestigings-boodskap "Dit sal u data radikaal verander! Ons beveel aan dat u nou kanselleer en eers 'n rugsteun skep! Wil u voortgaan?" sal vertoon word.  

5.Indien u absoluut seker is, kliek Ja.

Indien u nie reeds u Stel Boeke gerugsteun het nie, word dit sterk aanbeveel dat u Nee kliek en eers u Stel Boeke rugsteun.

Sodra die proses afgehandel is, sal die joernaal van die lys op die Kanselleer geposteerde joernaal skerm verwyder word.  

6.U kan nou die joernaal redigeer of skrap.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Write eBooks for the Kindle