Grootboekontleder- Ongeposteerde joernale

Parent Previous Next

U kan 'n Proefbalans, Inkomstestaat of Balansstaat vir ongeposteerde transaksies in joernale druk.

Ongeposteerde dokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere) sal nie by die verslag ingesluit word nie.

Die "Ongeposteerde joernale" skerm mag dalk agter TurboCASH verdwyn. Indien dit gebeur, kliek op die TurboCASH ikoon op die Windows taak-balk.

Om 'n Proefbalans, Inkomstestaat of Balansstaat vir ongeposteerde transaksies te druk:

1.Op die Aksie-duimgids, kies Joernale (F2).

2.Regs-kliek en kies Proefbalans op die konteks-kieslys.

3.'n Bevestigings-boodskap "Slegs ongeposteerde?" sal vertoon word. Kliek Ja.

Indien u Nee kliek, sal die ongeposteerde sowel as die geposteerde joernaaltransaksies in die Proefbalans, Inkomstestaat of Balansstaat vertoon word.    Ongeposteerde dokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere) sal nie by die verslag ingesluit word nie.  

Wanneer die Proefbalans geïnisieer word, sal die Druk knoppie nie vertoon word nie. Om die Druk knoppie te inisieer, kies die Inkomstestaat of Balansstaat en dan weer die Proefbalans.

4.Kliek op die Druk knoppie.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: News and information about help authoring tools and software