Voorraad - Huidige voorraadvlakke (Verslae-kieslys)

Parent Previous Next

Die “Huidige voorraadvlakke” verslag lys alle voorraaditems se voorraadvlakke.

Om voorraad herbestelverslag huidige voorraadvlakke te druk:

1.Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Herbestelverslag.

2.Kies "Huidige voorraadvlakke".

3.Kies die volgende:

a)Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s).

b)Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".

c)Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die hoeveelhede vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie.

d)Verslaggroep 1 - U kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.

4.Kliek Goed.

'n Voorbeeld van die "Huidige voorraadvlakke - Herbestelverslag" ("Wys Detail" nie gekies nie), is soos volg:

'n Voorbeeld van die "Huidige voorraadvlakke - Herbestelverslag" ("Wys Detail" gekies), is soos volg:

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create iPhone documentation