Opstel opsies (voorraaditem - tipe)

Parent Previous Next

Indien u die Opsie item en / of Opsie item (geen voorraad) tipes voorraaditems, wil skep, moet u eers die kombinasies en opsies (byvoorbeeld, kleur, grootte, porsies, ens.) skep.

Wanneer u 'n voorraaditem vir die Opsie item en / of Opsie item (geen voorraad) tipes, skep, sal daar 'n Opsies-duimgids beskikbaar wees waarin u die opsies aan die voorraaditem moet koppel (Voorraaditems op die Aksie duimgids).

Wanneer u dokumente prosesseer, en die Opsie item voorraaditem kode kies, sal die beskikbare opsies skerm geïnisieer word waarop u een van die opsies kan kies.

Om opsies vir Opsie items te skep:

1.Op die Opstel-duimgids, kies Voorraadinligting.

2.Kliek op die Opstel opsies knoppie.

3.Kliek op die (Byvoeg) rekord knoppie. 'n rekordnommer sal outomaties toegeken word. Sleutel die naam vir die opsie in.

4.Dubbel-kliek op die item om die opsies (byvoorbeeld, kleur, grootte, porsies, ens.) asook die ekstra prys in te sleutel. Die verkoopsprys van die eerste  opsie (verstek opsie), behoort zero te wees. Dit sal die verstek verkoopsprys van die voorraaditem waaraan die opsie gekoppel is. Die ekstra pryse vir die ander items (op die opsies lys) sal die ekstra prys by die standaard prys voeg.

5.Sodra u die opsies en ekstra pryse gestel het kliek Goed.  

6.Maak die "Opstel opsies" skerm toe.

7.Maak die "Voorraadinligting" skerm toe.

8.Gaan na Voorraaditems (Aksie duimgids). Skep of kies die Voorraaditem (Opsie of Opsie (geen voorraad)). Op die Opsies-duimgids van die voorraaditem, koppel en prosesseer.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Produce online help for Qt applications