Skep koste van verkope

Parent Previous Next

Alvorens u begin om dokumente te genereer, moet u absoluut seker maak dat u koste van verkope, voorraad en dokumente korrek opgestel en gekonfigureer is.

Wanneer u 'n Stel Boeke opstel, is dit belangrik dat u eers 'n aankoop doen; of voorraad aanneem voordat u fakture prosesseer. Die aankope, of voorraad wat aangeneem is, sal die hoeveelheid op hande en die kospryse op rekord plaas.

Die kosprys en aantal voorraaditems sal gebruik word om u handelsvoorraaditems op te dateer, die koste van verkope en die voorraadkontrole rekeninge op te dateer.


Wanneer 'n faktuur vir handelsvoorraad geprosesseer word, sal dit die voorraad op hande verminder en die kosprys as basis gebruik word.

Gebruik “Gemiddelde koste” of “Nuutste koste” opsie.


Die metode wat u kies, berus by u - konsulteer met u rekenmeester oor die metode wat u behoort te gebruik. Die waarde van u voorraad, kan u wins en verlies syfers wesentlik beïnvloed.


Handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem)

Die transaksies vir die verstek voorraaditem (handelsvoorraad) is soos volg:

Handelsvoorraaditems (Verstek tipe voorraaditem)

Aankope (Aankoopjoernaal)

Fakture (Verkoopsjoernaal)

DT


Voorraad (Kosprys - Inset BTW uitgesluit)

DT


Debiteur (Verkoopsprys - Uitset BTW ingesluit)

DT


Inset BTW (% van Aankoopprys)


KT

Verkope (Verkoopsprys - Uitset BTW uitgesluit)


KT

Krediteur - (Kosprys - Inset BTW ingesluit)


KT

Uitset BTW (% van verkoopsprys)        




Koste van Verkope joernaal




DT


Koste van verkope (Kosprys - Uitset BTW uitgesluit)





KT

Voorraad (Kosprys - Uitset BTW uitgesluit)

Die transaksies vir terugsendings aan u krediteure (verskaffers) is presies die teenoorgestelde as dié vir aankope.

Die transaksies vir kredietnotas aan u debiteure (kliënte / klante) uitgereik is presies die teenoorgestelde as dié vir fakture.

Handelsvoorraaditems - Terugsendings (Verstek tipe voorraaditem)

Aankoopretoere (Aankoopjoernaal / Aankoopretoerejoernaal)

Kredietnotas (Verkoopsjoernaal / Verkoopsretoerejoernaal)

DT


Krediteur (Kosprys - Inset BTW ingesluit)

DR


Verkope (Verkoopsprys - Uitset BTW uitgesluit)  


KT

Voorraaditem (Kosprys - Inset BTW uitgesluit)

DR


Uitset BTW (% van Verkoopsprys)


KT

Inset BTW (% van Aankoopprys)


KT

Debiteur (Verkoopsprys - Uitset BTW Ingesluit)




Koste van Verkope joernaal




DT


Voorraad (Kosprys - Inset BTW uitgesluit)





KT

Koste van Verkope (Kosprys)

Alle ander voorraad, behalwe die Komponente "Bills of Materials (BOM)" voorraaditemtipe,  bevat gewoonweg koste van verkope transaksies.    

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Full-featured EPub generator