Voorraadinligting (Opstel voorraad)

Voorraad ››
Parent Previous Next

Die “Voorraadinligting” skerm bestaan uit drie (3) duimgidse om u voorraad beheer en / of dokumente (fakture, kredietnotas, kwotasies, aankope, verskafferretoere en bestellings) vanuit u voorraaditem kodelêer moet genereer. Op die “Voorraadinligting” skerm kan u die voorraadeenhede en die beskrywings vir tot 3 verkoopspryse spesifiseer.

Om voorraad en koste van verkope parameters te stel:

1.Indien die “Opstel voorraad” skerm nie outomaties vertoon word nie, kliek op die Opstel-duimgids, en kies Voorraadinligting.

2.Verkoopspryse

a)Verkoopsprys 1 / 2 / 3 – Die verstek beskrywings is “Verkoopsprys 1, Verkoopsprys 2, Verkoopsprys 3”. U kan dit met u eie beskrywings vervang.

b)Verstek – Die verkoopsprys wat hier gekies word, sal outomaties gekies word wanneer u dokumente prosesseer.

U kan 'n spesifieke verkoopsprys vir 'n spesifieke debiteurrekening (Aksie → DebiteureRekeningkundige inligting-duimgids) stel.  

3.Koste van Verkope – Dit is slegs van toepassing op die verstek voorraaditemtipe (handelsvoorraad). Kies die volgende:

a)Skep Koste van verkope – By verstek, is die koste van verkope nie geaktiveer nie. Merk die opsie om dit te aktiveer.

b)Koste van verkopejoernaal – Kies die koste van verkope joernaal “Koste v. Verkope”.

c)GebruikGemiddelde koste” of “Nuutste koste” opsie.

Gebruik “Gemiddelde koste” of “Nuutste koste” opsie.

Die metode wat u kies, berus by u - konsulteer met u rekenmeester oor die metode wat u behoort te gebruik. Die waarde van u voorraad, kan u wins en verlies syfers wesentlik beïnvloed.

4.Opstel dokumente – Dié res van dié opsies (merk-velde) word gebruik om die prosessering van dokumente te konfigureer. Laat alle opsies op dié skerm blanko (merk verwyder) behalwe die “Gebruik duimgidse in voorraad” en die De-aktiveer boodskappe vir geen voorraad” opsies.

5.Kliek op die Eenheid-duimgids. Maak seker dat “Elk” en “Ure”, gelys is. Indien nie; sleutel in en kliek op die Byvoeg knoppie.

6.Kliek op die Rekeningklasse-duimgids. U kan rekeningklasse vir elk van u BTW-kodes stel. Wanneer u Voorraaditems skep, kan u die Rekeningklas selekteer om die Grootboek kodes (Inset- en Uitset-BTW kodes, Verkope, Koste van Verkope en Voorraadkontrolerekeninge) outomaties te voltooi.  

7.Kliek Goed om die wysigings te stoor.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create Help documents