Begin-duimgids

Parent Previous Next

Die Begin-duimgids groepeer die funksies en aksies wat nodig is om die Stelle Boeke in TurboCASH5 te bestuur (oopmaak, toemaak skep, skrap, stoor as, rugsteun en herstel), die taal te kies, registrasie en om TurboCASH5 te verlaat.

Die volgende tien (10) opsies is beskikbaar:

1.Maak oop – Om 'n bestaande Stel Boeke oop te maak. U kan 'n Stel Boeke op enige plek op u stelsel soek en oopmaak.

2.Registreer – Registreer TurboCASH5. Sodra u TurboCASH5 geregistreer het, en TurboCASH5 weer geïnisieer is, sal die Registreer ikoon van die strook op die Begin-duimgids verwyder word.

3.Rugsteun / Herstel – Skep rugsteunlêers van Stelle Boeke. U kan ook die Stel Boeke vanaf 'n geldige rugsteunlêer herstel.

4.Skrap Stel Boeke – Om 'n Stel Boeke permanent vanaf u rekenaar te verwyder (skrap).

5.Skep Stel Boeke – Om 'n nuwe Stel Boeke (met behulp van die Skeppingsassistent) te skep. Daar is geen beperking op die aantal Stelle Boeke wat u kan skep nie.

6.Stoor as – U kan 'n identiese kopie van 'n geselekteerde Stel Boeke skep.

7.Switch language - TurboCASH5 program sal by verstek in die taal wat tydens die installasie proses gekies is, vertoon word. Wanneer u 'n Stel Boeke oopmaak, sal die taal wat in die Stel Boeke (Opstel → Toegangsbeheer) gestel is, vertoon word. Die taal wat vir die Stel Boeke gekies is sal die taal-koppelvlak vertoon word en alle dokumente, verslae, ensovoorts, sal in dié taal gedruk word.

8.Maak Stel Boeke toe – Die oop (aktiewe) Stel Boeke sal toegemaak word. Al die ander duimgidse sal nie toeganklik wees nie.

9.Verlaat TurboCASH - Die TurboCASH5 program sal toegemaak word.

10.Aanlyn registrasie - Dié opsie sal die "Registreer u TurboCASH" skerm inisieer waarop u die reeksnommers en intsluitingskodes kan insleutel. U kan dan op die Kry dit aanlyn knoppie op die "Registreer u TurboCASH skerm inisieer.

Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Full-featured Help generator