Herstel Stel Boeke

Parent Previous Next

Hierdie opsie stel u in staat om u data op u hardeskyf te herstel. Hierdie opsie gebruik die "VCLzip". Om 'n Stel Boeke te kan herstel vanaf 'n rugsteuning moet 'n geldige rugsteunlêer bestaan. Indien daar geen geldige rugsteunlêer bestaan nie, sal TurboCASH 'n foutboodskap vertoon dat die rugsteunlêer nie gevind kan word nie.

Dit mag egter gebeur dat u data om een of ander rede korrup mag word. Deur die herstel fasiliteit te gebruik, sal die data van 'n vorige rugsteun te herstel en sal moontlike foute korrigeer.

U moet egter u data vanaf die laaste rugsteun totdat dit korrup geraak het, weer invoer. Dit word aanbeveel dat u rekord hou van watter data u gerugsteun het en watter data nie gerugsteun is nie om te voorkom dat u data weer insleutel wat reeds op u rugsteun diskette ingesluit is. Die aantal data wat u weer moet insleutel, word deur die frekwensie en omvang van u data wat sedert u laaste rugsteun ingevoer is.

Moet nie op die OK knoppie van die “TurboCASH5 Backup file” (“*.exe”) in die Windows-Verkenner (“Windows Explorer”) kliek nie.

Dit sal 'n “TCASH5” (naam van die omslag waarin u TurboCASH5 geïnstalleer het), vertoon binne die Stel Boeke insluit. Dit kan die grootte van die rugsteunlêers in die toekoms opblaas.

Gebruik asseblief die Rugsteun/ Herstel opsie op die Begin-duimgids om die korrekte rugsteunlêer te kies.


Om 'n Stel Boeke van 'n rugsteunlêer te herstel:

1.Op die Begin-duimgids, kies Rugsteun / Herstel. Indien 'n Stel Boeke reeds op u stelsel oop is, sal dié Stel Boeke outomaties toemaak en die “Rugsteun Stel Boeke” skerm vertoon.

2.Kies Herstel. Die “Rugsteun Stel Boeke” skerm, sal na die “Herstel Stel Boeke” skerm verander.

3.Kliek op die knoppie (aan die regterkant van die “Lêernaam” veld) om die TurboCASH5 – Kies rugsteunlêer skerm te inisieer. Kies die korrekte rugsteunlêer vir die Stel Boeke wat u wil herstel.  

Indien nodig, kan u op die knoppie (aan die regterkant van die “Herstel van” veld) kliek om die rugsteunomslag te kies.

Indien die verstek Rugsteunomslag vir die Stel Boeke reeds gestel is (Opstel-duimgidsSetup → Rugsteunomslag, sal dié omslag (byvoorbeeld, “C:/TCASH5/Backups”) vertoon word.  Indien u geen verstek rugsteunomslag gekies het nie, sal die verstek skyf van u stelsel (byvoorbeeld, “D”) vertoon word.

4.Maak seker dat die korrekte rugsteun lêer gekies is deur na die naam en plek byvoorbeeld, “C:/TCASH5/Backups”) langs die “Herstel na” veld te kyk.

5.Rugsteun verslae – Dit sal die verslae in die “C:\TCASH5\plug_ins\reports” na die “C:\TCASH5\Backups\MY-BOEKE201703010916.zip\TCASH5\plug_ins\reports” rugsteun.  

6.Kliek op die Herstel knoppie. Die volgende bevestigings-boodskap sal vertoon word:

7.Indien u absoluut seker is dat u wil voortgaan, merk die "Ek het dié instruksie gelees en verstaan dié aksie!" veld. Die Ja en Nee knoppies sal dan op dié skerm vertoon word.

8.Kliek op Ja. Die volgende inligtings-boodskap sal vertoon word:

9.Kliek op Ja, om die herstelproses te inisieer. Sodra dié herstelproses voltooi is, sal die volgende inligtings-boodskap “Die herstelproses is afgehandel!” vertoon word. Indien u op die Nee knoppie kliek, sal die proses gestaak word.  

10.Kliek Goed op dié inligtings-boodskap.

11.Kliek Maak toe op die “Herstel Stel Boeke” skerm. Die laaste Stel Boeke (indien dit oopgemaak was, toe u die Rugsteun / Herstel funksie geïnisieer het), sal outomaties oopgemaak word.

Fout - Lêer nie gevind

Indien die gespesifiseerde rugsteunlêer nie bestaan nie, of in enige ander plek as die geselekteerde plek op u stelsel gestoor is, sal die volgende foutboodskap vertoon word:

Kliek op Goed. Vind en selekteer die korrekte rugsteunlêer.


Created with the Personal Edition of HelpNDoc: Easily create HTML Help documents